Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Jakaranda Kinderhuis Liggiefees

Luister na Joe Foster se ‘hartklank’ op Liggiefees

Promosie15 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Vat die ‘pad’ na die jaarlikse Jakaranda Kinderhuis Liggiefees, wat vanaf 1 tot 31 Desember op die gronde van die Jakaranda Kinderhuis in Pretoria, plaasvind en kom luister na Joe Foster se ‘hartklank’. Hy gesels met ons oor sy betrokkenheid by dié fees en meer:

LEES OOK: Dis weer tyd vir die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees

Waarom het jy besluit om betrokke te raak by die Jakaranda Kinderhuis se Liggiefees?
Ek glo werklik in die konsep en dit werk, so ek was jaloers dat ek nie ook deel kan wees nie… en, ‘one thing lead to another’…

Waarna kan feesgangers uitsien wanneer hul na jou optrede kom kyk?
Ek sing al my gunstelinge soos Pad Na Jou Hart, Vir My Gemaak, In Die Reën, Ridder, Look Away, en vele meer, maar ek sing ook natuurlik van my gunsteling-splinternuwe liedjies wat op my nuwe album Volgende Stap is. Wees van die eerstes wat dit live hoor. My nuwe album sal ook daar vir slegs R100 beskikbaar wees.

Deel asb. met ons jou mooiste herinneringe.
Daar’s te veel om te noem, en die helfde van hulle was as ek op die verhoog was.  

Watter boodskap van hoop het jy aan die kinders in dié Kinderhuis?
Elke oomblik in ons lewens is kosbaar, al is elke oomblik nie na wense nie het ons nog steeds ons Vader, die bron van hoop, wat ons die krag gee om ’n nuwe môre te skep met nuwe denke. Die manier hoe ons na iets kyk is die manier hoe ons dit sien. Ons het die keuse. As jy dit kan indink en voorstel in jou gedagtes dan is dit moontlik. Geloof is om te aanvaar waar ons nou is en daar in daai oomblik te weet môre is in die hande van die Here wat jou goeie perspektief nodig het om dit te laat realiseer. As jy hoop dan moet jy weet dat dit direk van God af kom. Dit is die stroom van lewe. Ons moet net met daai stroom gaan waar Hy ons lei.  

Waarom moet mense ’n kaartjie koop?
Baie van ons wil altyd ’n verskil maak as iemand ons vra wat wil jy doen met jou lewe, partykeer is dit die klein bekostigbare goed soos ’n kaartjie koop na die Liggiesfees wat die verskil werklik maak.

Die fees kan daagliks vanaf 18:00 tot 22:00 besoek word en op konsertdae sal hekke reeds om 17:00 open. Kaartjies sal by die hek beskikbaar wees teen R30 per persoon.

Promosie

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Wees die ‘nuwe begin’ op Jakaranda Kinderhuis Liggiefees
Hanco bring sy ‘wêreld’ na die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees
Sharoney wil ‘skyn’ op Jakaranda Kinderhuis Liggiefees
Dis weer tyd vir die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.