FOTO: YouTube Skermgreep
In vandeesweek se aflewering van VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se nuwe werklikheidsreeks, Die Kontrak, het die mentors – Tarryn Lamb, Elvis Blue, Dewald Wasserfall en Monique Steyn – elk twee finaliste uit die 6 deelnemers wat hul na die ateljee in Pretoria genooi het gekies.
Die agt oorblywende finaliste sal in die komende weke deur middel van ’n rits uitklopkonserte dit uitspook om daardie gesogte Coleske Artists-platekontrak, ter waarde van R1 miljoen, en ’n plek op die Afrikaans is Groot-verhoog los te sing.
Ontmoet die top-8 hier:
Elvis Blue se twee deelnemers is Faraway George (28) van Pretoria en Natasha Zaaiman (19) van Middelburg.


Tarryn Lamb het vir Tyral-Lee Miggels (20) van Uitenhage en Tatum Strydom (17) van Pretoria.


Monique Steyn het haar twee kontrakte vir Wilha Carstens (31) van Pretoria asook Demi Lee Moore (29) van Kaapstad gegee.


Dewald Wasserfall se twee kontrakte behoort aan Ivan Roux (28) van Pretoria en Deidré Barnard (16) van Strand.


Nuwe episodes van Die Kontrak sal elke Woensdag om 20:00 uitgesaai word met heruitsendings op Sondae om 18:00. Die JOOX-app, die Suid-Afrikaanse stroomdiens met die meeste Afrikaanse inhoud, is die amptelike stroomvennoot van Die Kontrak.