Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Proe’toria»Proe’toria: Laat jou sintuie feesvier!
Proe’toria

Proe’toria: Laat jou sintuie feesvier!

Redaksiespan12 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Wat kry jy wanneer jy op ’n Saterdag die beste musiek, smaaklikste kos, lekkerste wyn en oulikste kindervermaak kombineer by een van die gewildste kuierplekke in Pretoria? ’n Onvergeetlike buitelug-feesdag, wat die sintuie sal bederf, en oud en jonk sal saamtrek vir die kuier van die jaar!

Proe’toria, die derde van sy soort in Pretoria, sal op 25 Augustus 2018 op die gronde van een van die gewildste kuierplekke in Gauteng, Weiveld, plaasvind!

Volgens Leon Pheiffer, stigter van die fees, is dit beslis nie ’n geleentheid om mis te loop nie. “Ons beplan om vir oud en jonk ’n onvergeetlike ervaring te skep. Dié fees gaan nie net aan feesgangers stalletjies met die beste kos, wyn en drankies in die land bied om van te proe en te koop nie, maar ook die mooiste kunswerke, ’n speelpark om die jongspan gelukkig te hou, en optredes deur van die beste musikante in die bedryf,” verklap hy.

“Spesifieke sangers is vir die geleentheid gekies omdat hulle weet hoe om ’n fees aan die gang te kry en aan die gang te hou. Hulle is baie gewild in die musiekindustrie en gaan definitief die dag vir elke bywoner die moeite werd maak met van hulle grootste treffers.”

Die publiek kan daarna uitsien om gedurende die dag vermaak te word deur bekendes soos Elvis Blue, Touch of Class, Nádine, Leah, Tussen Sterre, Johrné van Huyssteen, Jemma, 2nd Life, Spoegwolf, Ampie en meer.

“Ek was deel van die vorige twee feeste en voel al soos deel van die gesin. Met die ekonomie wat af is, spaar mense waar hulle kan. Hierdie fees is op Pretorianers en ander Gautengers se voorstoep en bied goeie feesaanbiedinge, wat beteken jy kan brandstof en geld spaar deur dit by te woon en jouself geniet,” meen Ampie.

Buiten vir die musiek, sal daar meer as 120 buitelug kos-, wyn-, kuns-, en kunsbierstalletjies, van verskaffers, uitstallers en wynplase regoor die land, wees om van te kies en sal die kinders besig gehou word met ’n opwindende speelpark en ander oulike vermaak, sodat niemand uitgelaat voel nie.

Deur deel te wees van dié spesiale dag, doen jy ook jou deel vir liefdadigheid, omdat van die fondse op die dag geskenk sal word om Caring Daisies te help met die wonderlike werk wat hulle vir minderbevoorregtes doen.

Feeshekke sal om 12:00 op die dag open en die laaste vertoning sal tot 23:00 duur. Kaartjies is teen R180 aanlyn beskikbaar by Tixa. Proe’toria word aangebied in samewerking met Beeld, Star Zoo Factory, EPH Productions, Weiveld en Jacaranda FM.

As kos, wyn, kuier en musiek jou passie is, is hierdie beslis nie iets wat jy moet misloop nie – bring jou vriende en familie saam en maak ’n uitstappie daarvan!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Vierde Proe’toria is om die draai!
Proe’toria: ’n Potjiekos vir Touch of Class se Deon
Proe’toria: Dít prikkel Karlien van Jaarsveld se sintuie
Dewald Wasserfall bring ‘elektrisiteit’ na Proe’toria

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.