’n Reusebederf kan dalk op jou wag as jy nou, voor 25 Mei, jou kaartjies vir Classics bespreek.
Dié musikale extravaganza, wat op 9 Junie in Pretoria gehou word, spog met kunstenaars soos Patrizio Buanne, Amira Willighagen, Jannie Moolman, Corlea Botha, Monique Steyn, Kevin Leo, Touch of Class, Joseph Clark en Stèfan Bezuidenhout.
Afgesien van ’n konsert wat jou asem sal wegslaan en vir vele magiese oomblikke gaan sorg, gaan jou dag volgepak wees met spesiale oomblikke.
As jy die gelukkige wenner is en jy moet vlieg na die vertoning, sal jou vlugkostes gedek word (dit geld vir tot 10 persone in die groep).
Lexus gaan jou in styl optel en na die konsert en terug na jou huis of die lughawe neem. Jy gaan heerlik kan uitspan by die Sun Maslow, Time Square, waar die konsert gehou word en jy gaan ook aandete geniet by die restaurant van jou keuse by die Time Square Casino.
Dan kan jy kyk of die geluk nog verder aan jou kant is met ’n bewys van R1,000 om in die casino te geniet.
Om alles te kroon gaan jy ook toegang kry tot die agterverhoog, om die kunstenaars te ontmoet en ’n kiekie of twee te neem.
LEES OOK: Agter die Classics-gordyn met Barry Pretorius
Die konsert beloof om vanjaar vol hoogtepunte te wees en treffers van Bon Jovi en Andrew Lloyd Webber, asook uittreksels vanuit The Lion King en The Greatest Showman, sal gehoor word.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000. Jy kan ook aanlyn bespreek by online.computicket.com.