Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Riaan Benadé sluit die jaar af met ’n bietjie ‘Vitamiene See’

Redaksiespan13 Desember 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Met die jaar wat vinnig einde se kant toe staan, het Riaan Benadé besluit om sy aanhangers op ’n spesiale manier te bederf: met die uitreiking van sy nuutste enkelsnit, “Vitamiene See”.

Hierdie vrolike liedjie, wat deur Riaan self geskryf is, is geïnspireer deur sy vrou, Melissa, wat hom aangemoedig het om ’n liedjie te skryf oor die vakansiegevoel by die see. “Dis ’n ligte liedjie wat hopelik niks anders doen as om jou gelukkig te maak nie,” sê Riaan. Die liedjie is geskryf met die vakansie-energie van hul onlangse Mauritius-reis in gedagte, waar dit al klaar as die klankbaan vir hul wegbreek gedien het.

LEES OOK: Riaan Benadé bring ‘stoom’ na die Afrikaanse musiekbedryf!

Riaan is bekend vir sy vermoë om onverwags kreatief te wees, en hierdie projek is geen uitsondering nie. “Om binne drie weke ’n liedjie te skryf, te vervaardig en vry te stel, is soos om ’n Sondag-na-kerk-maaltyd in 15 minute aanmekaar te slaan,” skerts hy.

Die produksie van “Vitamiene See” was ’n spanpoging, met Ricus Nel as vervaardiger. Riaan prys Ricus vir sy toewyding te midde van ’n besige jaar. Dié liedjie bring ’n nostalgiese, maar vars klank wat ideaal is vir enige vakansiegees, en Riaan hoop dat dit luisteraars inspireer om te ontspan en hulself te geniet – of hulle nou by die see of elders is.

Die musiekvideo is op Mauritius geskiet, met selfone as enigste toerusting. Riaan en Melissa het self die video verfilm en geredigeer, wat dit een van sy mees persoonlike en koste-effektiewe projekte tot dusver maak.

Kyk die liriekvideo hier:

Met nuwe projekte reeds in die pyplyn, beloof Riaan dat sy kreatiewe reis net gaan aanhou verras. Hy sluit af deur sy dankbaarheid te deel vir almal wat deel was van hierdie vinnige en opwindende reis: Arnold Coleske, Paulo Azevedo, Ricus Nel, en sy grootste ondersteuner, sy vrou Melissa.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.