Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Dodo Nyoka sluit 2024 af met ‘Meisie’ – ’n vrolike kuierliedjie!

Redaksiespan13 Desember 2024
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

2024 was ’n onvergeetlike jaar vir Dodo Nyoka, wat homself stewig as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars gevestig het. Dié jaar het vir vele hoogtepunte gesorg, waaronder die vrystelling van sy diep persoonlike liedjie “As Ek Opstaan”, geskryf vir sy toekomstige vrou. Kort daarna het hy sy veelsydigheid bewys met sy eerste Engelse snit, “Dancin’ In The Stars”, en het hy aanhangers verras met die duet “Ek Verstaan”, saam met sy mentor van Die Kontrak, Karlien van Jaarsveld.

Nou, aan die einde van hierdie suksesvolle jaar, bring Dodo vir sy aanhangers ’n splinternuwe kuierliedjie met die titel “Meisie”. Hierdie lekkerluister-pop-Afrikaanse liedjie vier die gees van vakansietye saam met vriende en familie.

LEES OOK: Dodo Nyoka en Karlien van Jaarsveld voltooi ’n volronde oomblik met ‘Ek Verstaan’

Die liedjie is geskryf as reaksie op ’n versoek van een van Dodo se aanhangers op TikTok. “Een van my aanhangers het my gevra in die comments om ’n kuierliedjie soos ‘Country Girl van Bloem’ te skryf vir Desember, toe doen ek dit,” vertel Dodo.

Hy voeg by: “Ek dink dit is ’n goeie liedjie vir die somerseisoen. Ek probeer altyd om na my aanhangers te luister met die liedjies wat ek uitreik, en dit is presies wat ek gedoen het met hierdie liedjie. Ek is altyd oop vir goeie raad van enigiemand af.”

Met “Meisie” hoop Dodo om mense bymekaar te bring. “Ek wil hê my musiek moet mense gelukkig maak in ’n wereld vol bakleiery. My droom is om mense te laat voel asof hulle my al ontmoet het deur my musiek. Ek dink mense gaan van hierdie liedjie hou, want dit is anders en vars.”

“Meisie” se vrystelling sluit ook ’n musiekvideo in, met Eric T Graham en Tehan Buys van ETC Creative in die regisseurstoel. Die video, wat by The Grove-winkelsentrum in Pretoria verfilm is, vang die nostalgiese gevoel van ’n ou-skool afspraak vas. “Ons wou die musiekvideo so natuurlik as moontlik hou, so hierdie keer het ons net pret gehad op stel,” verduidelik Dodo.

Kyk die musiekvideo hier: 

Een van Dodo se persoonlike hoogtepunte van die jaar was sy optrede saam met Francois van Coke by Afrikaans is Groot. “Dit was ’n droom wat waar geword het om op daardie verhoog te staan,” sê hy.

Met “Meisie”, ’n liedjie wat die vrolikheid van Desember en goeie tye vier, sluit Dodo 2024 met flair af. Sy unieke vermoë om ’n boodskap van samehorigheid en geluk deur sy musiek te dra, stel hom beslis in staat om hoër hoogtes te bereik in 2025.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.