Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»KKNK»Spesiale KKNK-Kuierbuurt promosie verleng
KKNK

Spesiale KKNK-Kuierbuurt promosie verleng

Redaksiespan30 Januarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die KKNK se spesiale Kuierbuurt-promosie op Oudtshoorn is met ’n week verleng. Oudtshoorniete wat nie vroeër vandeesweek winskoop-kaartjies kon opraap nie, het nou tyd tot Donderdag, 1 Februarie om van dié spesiale aanbieding gebruik te maak.

Weekkaartjies vir die KKNK se splinternuwe Kuierbuurt (die feesterrein, voorheen bekend as die Rivierbuurt) word tot Donderdag, 1 Februarie by Kunste Onbeperk se kantoor (Die Neelsie, Jan van Riebeeckweg 217) tydens kantoorure verkoop.

“Ons moedig alle Oudtshoorniete aan om hierdie eksklusiewe Kuierbuurt weekkaartjie-aanbod te koop, om sodoende seker te maak dat hulle ál sewe feesdae kan feesvier”, sê Hugo Theart, waarnemende uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK aanbied.

Die nuwe Kuierbuurt, geleë op die Oudtshoorn Sportgronde en die Vredestraat Sportterrein, bied hope vermaak vir die hele gesin en is die tuiste van o.a. die Kunsmark se stalletjies, die Huisgenoot-verhoogmet topkunstenaars en nuwe stemme wat saans vermaak onder die Klein Karoo-sterre verskaf, die Castle Lager-verhoog waar musiek deur die dag aangebied word, Liplekker se heerlike wyn en deli-produkte, ATKV-Speelbos met hope doendinge vir die jongspan, waaronder Uitkampteater-produksies en ander kroeë en rusareas.

“Weekkaartjies vir die Kuierbuurt word tot 1 Februarie teen slegs R175 per kaartjie verkoop teen ’n besparing van R80 per kaartjie. Dit is die ekwivalent van slegs R25 per dag vir ál die topvermaak in die feesterrein,” verduidelik Theart.

Die aandvertonings op die Huisgenoot-verhoog, wat in die formaat van piekniek-ervarings aangebied word, sluit onder meer in: Awê Kaktus (29 Maart 19:30) met Mi Casa, Spoegwolf, Mathew Mole en Majozi; kykNET – Dans op die vlaktes (30 Maart 19:30) met Kurt Darren, Leah, Craig Lucas (The Voice), Paxton (Idols) Germandt Geldenhuys (Binnelanders), Nadia Beukes (Getroud met rugby), Stephanie Baartman (Getroud met rugby) en ander; Karoo-nag (31 Maart 19:30) met Adam Tas, Refentse, Joshua na die Reën, Karin Kortjé, Caroline Grace en Fatman; Boontoe: Engelstemme (1 April 19:30) met Jo Black, Robbie Wessels, André Terblanche, Corlea Botha, Thembeka, Kyle Seconna, Hoërskool Oudtshoorn se Ad Astra-koor en orkes, Melissa van der Spuy, Tim Rankin, Henry Steele en Schalk van der Merwe; Sterrenag – Musiek met hart (2 April 19:30) met Jay, Leah, Pieter Koen, Willem Botha, Lee Scott en ander; en Rymklets van Oos tot Wes (3 April 19:30) met HemelBesem, Yoma, Early B, Oxijin, DJ J-EFX, Yugi Yo en MC IXA. Feesgangers kan hulle eie stoele en ’n kombers bring om ’n heerlike aand hier te geniet.

Theart sê hierdie winskoop-kaartjies is tot Donderdag, 1 Februarie in kantoorure by Kunste Onbeperk se kantoor in Die Neelsie, Voortrekkerweg 217 beskikbaar. Daar is geen beperking op die aantal kaartjies wat per persoon gekoop kan word nie. Kaartjies kan kontant of met ’n kaart gekoop word.

“Ons hoop om nog talle Oudtshoorniete voor volgende Donderdag by ons kantoor te verwelkom,” sluit hy af.

Die feesprogram van die 24ste KKNK is beskikbaar hier en kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite / Checkers en House & Home. Die KKNK word oor Paasnaweek van Donderdag, 29 Maart tot Woensdag, 4 April op Oudtshoorn aangebied.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Oud en nuut’ word gevier op 25ste KKNK-musiekprogram
Plaaslike talent op verskeie KKNK-verhoë te sien
Uiteenlopende musiekstyle by KKNK te sien
KKNK se 24ste feesprogram prikkel kunskierigheid

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.