Nuus

Die musiekvideo van Bouwer Bosch se gewilde enkelsnit, Pleidooi, is op 28 April 2017 uitgereik. Net soos dié unieke kunstenaar, beloof die video – met sy kortfilmaanslag – om enig in sy soort te wees en die kyker se hart net soveel te raak soos die lirieke van hierdie sielvolle treffer.

Die rockgroep, Nagligte, is gedurende 2016 vir twee Ghoemas benoem en het ook in Oktober 2016 weggestap met twee Bokkie toekennings vir, Nuweling van die jaar en Groep van die jaar.