Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Die Kontrak

Die Kontrak 2: Ontmoet die mentors

Redaksiespan23 April 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Ná ’n ongelooflike eerste seisoen, duisende inskrywings en ’n wenner wat die musiekindustrie gestormloop het, is Die Kontrak uiteindelik terug. 

Vanjaar sal dié gesogte werklikheidreeks gratis op eTV gekyk kan word. 

LEES OOK: Die Kontrak binnekort terug op ’n nuwe TV-kanaal

Die doel van Die Kontrak is om aspirant kunstenaars in die Afrikaanse musiekindustrie te ontwikkel en vir hulle die platform te skep om ’n superster te word. “Met die dat Die Kontrak nou ook op eTV uitgesaai gaan word kan enige iemand met ’n televisie hierdie pad saam met ons stap,” meen Barry Pretorius, een van die kenners op dié program en bekroonde regisseur van Afrikaans is Groot.

LEES OOK: Die Kontrak 2: Ontmoet die aanbieders

LEES OOK: Die Kontrak 2: Ontmoet die kenners

DIE MENTORS

Refentse

Facebook: @RefentseSA

Instagram: @refentsemusiek

#SpanRefentse

Hy is een van die grootste kunstenaars in Suid-Afrika en dit het alles met ’n aanlynvideo op sosiale media begin. Met sy ervaring, kennis en musikaliteit kan hy jou, met ’n getekende kontrak in die hand, tot op die Afrikaans is Groot-verhoog lei. Wie weet, dalk skop jou loopbaan ook met ’n aanlynvideo af?

Monique Steyn

Facebook: @MoniqueSteynSA

Instagram: @moniquesteynsa

#SpanMonique

Monique Steyn keer vanjaar terug as mentor. Die sangeres het ’n magdom kennis oor die verhoog en die musiekbedryf. Monique is ook die wen-mentor van die eerste seisoen en het vir Demi Lee Moore gementor. Sy het dus bewys dat sy in staat is om deelnemers tot op die Afrikaans is Groot-verhoog te lei. Die ander mentors gaan beslis moet uitkyk vir haar… 

Hemelbesem

Facebook: @Hemelbesem

Instagram: @hemelbesem_

#SpanHemelbesem

Vanuit Blackheath in Kaapstad het hy homself opgebou tot waar hy vandag alombekend is as rymkletser, TV-aanbieder, skrywer, digter, akteur, aktrivis, motiveringspreker en vermaaklikheid-ster, wie se passie vir Afrikaans aansteeklik is. Hemelbesem se veelsydigheid gaan sy deelnemers op alle vlakke laat uitstaaan, om dalk net met ’n getekende kontrak en ’n plek op die Afrikaans is Groot-verhoog as wenner weg te stap. 

Karlien van Jaarsveld

Facebook: @Karlien.van.Jaarsveld

Instagram: @karlienvanjaarsveld

#SpanKarlien

Sy vier vanjaar ’n dekade in die musiekbedryf en dit sit nie in enige iemand se broek om na soveel jare steeds op almal se lippe te wees. Boonop is haar musiek sonder uitsondering, keer op keer, top-verkopers. In dié tien jaar het sy ’n magdom kennis van onskatbare waarde opgedoen en is sy gereed om haar kennis te deel – om sodoende ’n nuwe kunstenaar met daardie gesogte Coleske Artists-kontrak en ’n plek op die Afrikaans is Groot-verhoog te laat wegstap.

INSKRYWINGS

Inskrywings vir Die Kontrak 2020 open op 1 Mei en ook hier wag ’n paar hase in die hoed wat binnekort op Die Kontrak se sosiale media bekend gemaak sal word.

Die wenner van Die Kontrak stap weg as ’n kunstenaar van die gesogte platemaatskappy, Coleske Artists, wat verantwoordelik is vir die loopbane van die land se grootste kunstenaars. 

Gesels gerus saam op sosiale media deur gebruik te maak van die hutsmerk #DieKontrak2 of #WenDieKontrak. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.