Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Toekennings»Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings»Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings: Dís wie optree!
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings

Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings: Dís wie optree!

Redaksiespan22 Augustus 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Pretoria FM het getrou aan sy leuse: Hoop, Glo, Leef in Afrikaans besluit om vanjaar op ’n besondere wyse erkenning te gee aan Afrikaanse kunstenaars wat deurlopend ’n uitstekende bydrae tot die kunste in die land lewer met gehaltemusiek, -lirieke en -produksies. 

Ná deeglike beplanning en verskeie vergaderings het platemaatskappye soos Coleske Artists, Vonk, Universal, Sony en Inhoud Huis hulle ondersteuning aan die geleentheid verleen en gaan ’n wêreldklasvertoning op 16 Oktober by die Moreleta-ouditorium in Pretoria aangebied word!

Volgens die uitvoerende hoof van Pretoria FM, Hennie Koortzen, moet só ’n geleentheid spog met ’n unieke naam wat in Afrikaans uitstaan, ’n naam wat lof kan betuig, maar terselfdertyd kan verras en net in Afrikaans bestaan! En só ’n naam en woord is gevind… Die Afrikaanse Musiektoekennings sal as die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings bekend staan!

Dit is ’n nasionale geleentheid en om dit verder te laat uitstaan, word die beeldjies vir die toekennings deur ’n bekende beeldhouer ontwerp en gemaak. Die beeldjies sal ’n verrassing bly tot die aand van die geleentheid, maar die kunstenaars kan verseker weet dat elkeen graag met só ’n toekenning sal wil spog.

KLIK HIER OM OP HOOGTE TE BLY VAN DIE TOEKENNINGS

Tydens die geleentheid sal ere-toekennings oorhandig word aan ikone in die Afrikaanse musiekbedryf en spesiale gilde vir Afrikaanse Kuns en Kultuur sal ook bekend gestel word en baanbrekers sal vereer word. Uitstekende musiek-, klank- en produksiespanne, onder leiding van Rex van Deventer, is reeds besig om ’n uitmuntende vertoning saam te stel met van die land se beste Afrikaanse kunstenaars wat gaan sorg vir ’n skouspel van musiek, dans en kleur.

Kaartjies kos slegs R150 en is reeds by iTickets beskikbaar.

Adam Tas, Elandré, Nádine, Corlea, Elvis Blue, Pietman Geldenhuys, Danny Smoke, Demi Lee Moore, Ghapi, Ricus Nel, Kosie Beukes, Ruhan du Toit, Juan Boucher, Liezel Pieters, Snotkop, Dewald Wasserfall, Early B, Monique en Steve Hofmeyr tree tydens die spogaand op.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2024: Hier is die benoemdes
Nóg ’n kategorie vir Aitsa-Afrikaanse Musiektoekennings
Aitsa-Afrikaanse Musiektoekennings 2024: Skryf nóú in!
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2021: En die wenners is…

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.