Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Optog!»Optog!: Tog te musikaal
Optog!

Optog!: Tog te musikaal

Redaksiespan14 Januarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die kombi is gelaai en die talent volop. Hier’s die kunstenaars wat deel uitmaak van die Tog te musikaal-reeks van Optog!

Konsert besonderhede vir Namibië en enkele ander bestemmings (soos aangedui) sal eersdaags beskikbaar wees.

LEES OOK: Optog! bring die kunste na jóú

Jo Black

’n Reis deur die land sal nie volmaak wees as die baardman se tasse nie in die kattebak is nie!

Jo Black het binne twee jaar volksbesit geword en hy is ongetwyfeld Suid-Afrika se nuwe gunsteling. Sy liedjie, Skepe, het hom in rekordtyd op oud en jonk se speellys gesit en in 2018 wen hy sewe Ghoema-toekennings, sowel as ’n SAMA-toekenning.

Jo glo in hoop en hy maak dit vir gehore tasbaar. Sy inspirerende vertonings laat gehore met warm harte en geroerde hartsnare.

Kaartjies vir Durban, Port-Elizabeth, Beaufort-Wes, Witbank, Rustenburg en Krugersdorp is eersdaags beskikbaar.

KLIK HIER VIR KONSERT DATUMS

Jak de Priester

Jak de Priester het die afgelope 16 jaar diep spore in die Afrikaanse musiekwêreld getrap met liedjies soos Sally Williams Nougat, Groen Mamba, Roer jou voete, die temalied van Binnelanders en vele meer.

Vir Optog! doen hy ’n konsert wat sy reis saamvat, met liedjies van die begin af tot nou. Liedjies wat sal inspireer, wat sal laat lag en jou sal laat dink. Daar is ook staaltjies uit, en liedjies wat geïnspireer is deur die program, Reis na Gister, waarvan hy die aanbieder was. Saam met hom op die verhoog is ook wonderlike musikante wat die klavier, kitaar en trekklavier bespeel.

Kaartjies vir Hoedspruit is eersdaags beskikbaar.

KLIK HIER VIR KONSERT DATUMS

Joshua na die Reën: Someraarde

Die man wat die land se harte roer spring in 2019 in ’n Optog!-kombi!

Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert sy debuutalbum in 2014 die Afrikaanse musiekbedryf kom verower het. Hy skryf en sing roerende sielsmusiek wat jou nooi om jou hart oop te maak en saam te reis deur al die aspekte wat van jou mens maak. As kunstenaar, glo hy dat musiek die krag het om emosie weer te gee, wat jy nie altyd in woorde kan uitdruk nie.

Someraarde is die naam van die album wat hy vroeg in 2019 bekendstel en dus ook die titel van die produksie wat hy en sy orkes vir Optog! sal aanbied.

In sy eie woorde: “Dit bestaan uit ’n versameling liedjies en stories wat geput is uit ervarings in my lewe en die lewens van mense rondom my. Ek vermoed hoop en vrede is ’n plek wat mens net binne jouself moet vind…   en wanneer mens dit vind raak die plekke waar mens beweeg, ongeag van die fisiese omstandighede, kleurryk en vreedsaam. Dis nie te sê ek kry dit reg nie, maar dis vir seker ’n diepe hoop.”

Joshua na die Reën se bekendste liedjies is Die wêreld binne my en Lig op die Horison.

KLIK HIER VIR KONSERT DATUMS

Refentse: Liefdegenerasie

Sy jongste CD getiteld, Liefdegenerasie, merk nog ’n groot sprong vorentoe vir Refentse, een van Suid-Afrika se gewildste jong kunstenaars.

Hy sit heerlik en tokkel op sy kitaar terwyl ons die land saam met hom plat ry. Ons bring hom na jou toe, want hy delf dieper as ooit om sy ryke en eiesoortige musikale skat te ontgin. Sy unieke karakter kom na vore met die saamsmee van poëtiese lirieke en musiek. Dit beloof om ’n wonderskone ervaring te wees.

Kaartjies vir Beaufort-Wes en Springbok is eersdaags beskikbaar.

KLIK HIER VIR KONSERT DATUMS

Radio Kalahari Orkes

Met Ian Roberts, Dan Roberts, Rian Malan en orkes.

Die Radio Kalahari Orkes se musiek kom uit ’n diep gewortelde plek en gaan maak draaie by die Ghoema-, Latyns- en Africana-musiekstyle. As jy mooi luister, sal jy elke rusplek langs die grondpad aan sy optel-klanke herken!

Ons bring hulle na jou toe. Grondpadlangs. Met ’n wa-vrag vol ou akoestiese, stofbestande instrumente:   kitare, ’n dobro, mondfluitjies, kontra-bas, trekklavier, gazoos en ’n legendariese ou Fender Telecaster. Uniek en outentiek.

Die orkes is in 2017 vereer met ’n FAK Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek.

KLIK HIER VIR KONSERT DATUMS

Bly ophoogte van alle Optog!-vertonings en nuus op Facebook, Twitter, Instagram of besoek Optog! se webblad. Gesels saam op sosiale media met die hutsmerk #Optog.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Optog!: Tog te legendaries
Optog! bring die kunste na jóú

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.