Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Classics»Agter die Classics-gordyn met Barry Pretorius
Classics

Agter die Classics-gordyn met Barry Pretorius

Redaksiespan24 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Francois Olivier

Die skouspelagtige Classics is Junie terug in Pretoria en musiek word vanjaar gevier. Ons het agter die gordyn gaan inloer en met Barry Pretorius, kreatiewe regisseur van die konsert gesels.  

Wat is Classics, die konsert?
Classics is ’n viering van die grootste pop, rock en musiekblyspel treffers van álle tye. ’n Absolute extravaganza van klank, talent en nostalgie. Die kunstenaars in Classics is van ons land se voorste sangers en met ’n vol simfonie-orkes, wêreldklas dansers en die beste tegniese span in die industrie, beloof Classics om weereens asems weg te slaan.

Wanneer beplanning vir so ’n konsert afskop, waarmee begin julle gewoonlik eerste?
Dit neem sowat ’n jaar om Classics te vervaardig – alles van konseptualisering tot repertoire tot verwerkings en dan uiteindelik repertisies. Net die skryf en verwerking van die musiek neem sowat ses maande. Ons is ’n reuse span wat op die produksie werk. Ons musiekdepartement is van die gerekendste in die land en ons tegniese verskaffers dwing op alle vlakke respek af.

LEES OOK: Classics kom weer in Junie

Hoe besluit julle watter items op die program moet wees?
Daar is ’n skatkis van treffers en liedjies so dit is ’n onuitputbare bron. Ek, as regisseur sit saam met die musikale regisseurs, Floors Oosthuizen en Devereaux van der Hoven en stel ’n werkbare konsert saam. Ons lê dit dan aan die kunstenaars voor en hulle bring hul idees en konsepte. Dis werklik ’n reuse spanpoging om ’n goeie repertoire-lys saam te stel.

Waarom mag mense nie Classics 2018 misloop nie?
Ons doen hoogtepunte uit The Greatest Showman wat die afgelope paar maande die wêreld op hol het. Nie eens om the praat van items uit The Lion King, Cats of selfs van Queen, Abba en Elton John se grootste treffers nie. Dit is werklik die grootste huldeblyk-skouspel in Suid-Afrika.

Kaartjies vir Classics, wat op 9 Junie in die Sun Arena van Time Square in Pretoria plaasvind, is nóú by Computicket beskikbaar.

WEN

Staan die kans om ’n luukse #DromeWordWaar-ervaring tydens Classics 2018 los te slaan. Koop eenvoudig jou kaartjies vir die konsert voor 25 Mei om in aanmerking te kom vir die prys.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Lexus POP Classics 2024: ’n Aand van musikale magie in Pretoria
Maak jou drome waar met Classics 2018
Classics kom weer in Junie

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.