Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Suidoosterfees

Fantastiese top 15 kunstenaars by vanjaar se Suidoosterfees

Redaksiespan5 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Suidoosterfees, met die tema Fantastiese 15 spog met van Suid-Afrika se mees talentvolle en gewilde kunstenaars. Die fees vind vanjaar vanaf 26 April – 1 Mei by Artscape plaas en beloof om een van die bestes nóg te wees.

Die veteraan aktrise, Shaleen Surtie-Richards herleef weer haar rol van meer as 20 jaar gelede as Fiela Komoetie – ma van Benjamin, haar wit vondelingkind. Fiela se Kind is van 26 April by die Suidoosterfees te sien. Skoliere sal veral aanklank vind by die produksie – aangesien dit ’n voorgeskrewe werk vir skole is.

Stef Bos en Koos Kombuis is saam te sien in Stef en Koos: Suidoos, hul twee-man vertoning propvol kwinkslae en pragtige klanke. Stef is ‘n huishoudelike naam in die Lae Lande en bevind homself deesdae in die hartjie van Kaapstad, terwyl Koos jare reeds inspirasie put uit die Moederstad. Dié twee gesoute kunstenaars beloof om op Werkersdag (1 Mei) feesgangers weg te voer soos die legendariese Kaapse Dokter.

Die alombekende Elsabé Daneel ontferm haar oor die supertalentvolle jongmense van die appel-wêreld in vanjaar se Marimba Gimba, ʼn opvolg-produksie vol plak en chutzpah. Elsabé span kragte saam met die Rural Arts Network Marimba-orkes en die eg-Afrikaanse rymkletser, HemelBesem op Sondag, 29 April in die Artscape Arena.

Die gevierde jazz-sanger, Melanie Scholtz toer gereeld in Europa, waar sy ’n reuse aanhang geniet. Op 28 April, deel sy die verhoog met die gesogte Cape Town Tango Ensemble in die produksie Kaapse Tango.

Die fees spog ook met die kykNET SOF Hip Pops – ’n produksie wat musiekgeskiedenis gaan maak met ’n kombinasie van hip-hop en klassieke musiek met kunstenaars soos Jack Parow, YOMA, DJ Ready D en die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes onder leiding van Brandon Phillips.

Feesgangers kan verder uitsien na hope gratis vermaak tydens die naweek van die fees in die Netwerk24-Feeskafee en op die Joox-piazza met o.a. Fab 15 Varieté, Medicine Boy, The Pedestrians, ATKV-Crescendo in Konsert, Kuier met Uncle Cal, Dans van die Vlamme, Ballroom op die Piazza, Moonlight Invasion en meer.

Bly op hoogte deur die Suidoosterfees te volg op Facebook (@Suidoosterfees), Twitter (@Suidoosterfees), Instagram (@suidoosterfees2018) en besoek www.suidoosterfees.co.za.

Vir meer inligting, kontak Lyndsay Cader (Lyndsay.Cader@media24.com / 021 408 3560 / 084 282 2040).

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Suidoosterfees laat inryteater herleef met kykNET Atlantic inryfees
Kunstreffers: Konsert van Hoop by vanjaar se Suidoosterfees
Programbekendstelling van 15de Fantastiese Suidoosterfees ’n reuse sukses

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.