Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Suidoosterfees»Programbekendstelling van 15de Fantastiese Suidoosterfees ’n reuse sukses
Suidoosterfees

Programbekendstelling van 15de Fantastiese Suidoosterfees ’n reuse sukses

Redaksiespan5 Desember 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Groot afwagting het geheers toe die program vir die 15de Suidoosterfees Vrydagaand, 1 Desember, by Nasdak in die Media24-gebou in Kaapstad bekend gestel is, en met rede; aanstaande jaar se fees beloof om meer opwindend as nog ooit tevore te wees.

Die 15de Suidoosterfees (SOF) vind aanstaande jaar van 26 April tot 1 Mei by Artscape in Kaapstad plaas. “Hierdie fees, met die tema Fantastiese 15/Fabulous 15/Uchunge chunge 15, het ʼn aantal projekte wat die Kaapse Vlakte, Boland, Swartland en Karoo deur die jaar besoek en een keer ’n jaar almal in die hartjie van die Kaap bymekaar bring,” sê uitvoerende hoof Niël Rademan. “Ek is trots op die veelsydige program wat ons vir Suidoosterfees 2018 saamgestel het. Dit weerspieël volkome die diverse talent wat ons het om aan gehore ten toon te kan stel.”

Hoewel daar volgende jaar veel meer as 15 fantastiese produksies op die planke te sien is, is daar enkele hoogtepunte om na uit te sien. Fiela se Kind, met die oorspronklike Fiela, Shaleen Surtie-Richards, in die hoofrol.

Evita Bezuidenhout lewer haar staatsrede – Tannie Evita Praat Kaktus – op die Suidoosterfees-verhoog. Sy kyk na die politiek van die oomblik, die vrese van vandag, die spoke van gister en die tsunamis van die toekoms.

Emo Adams, Bobby van Jaarsveld en Katlego Maboe deel op die Operahuis se verhoog hul liefde vir “big band swing”, in die vertoning Karoo Swing Innie Kaap.

Die enigmatiese Nataniël maak ook sy debuut by die 15de Suidoosterfees in Classic Nataniël, ondersteun deur agt fantastiese musikante; ’n jazzkwartet plus ’n strykkwartet. Met unieke verhale en asemrowende uitrustings deur Floris Louw sal Classic Nataniël nie teleurstel nie.

Die geliefde operette Die Fledermaus, deur Johann Strauss (ii), vertel die verhaal van ware liefde, vriendskap en getrouheid. Dit word binne ʼn Suid-Afrikaanse idioom geplaas met splinternuwe bindingsteks in Afrikaans.

Een van die aanskoulike produksies wat ook te sien sal wees, is Kaapse Tango met The Cape Town Tango Ensemble onder leiding van Stanislav Angolov, jazz-ikoon Melanie Scholtz en beeldskone ballroom, tango, rumba en samba-danse deur Michaela Loots en Keanan McClune.

Kaapse Khoi Jazz II is ʼn viering van gerekende komponiste van die bekendste Suid-Afrikaanse jazz deur die dekades. Dié produksie, onder leiding van bekwame pianis Camillo Lombard, bied jou ’n romantiese en nostalgiese reis deur tyd, ruimte en gevolg.

Vanjaar tree die wenners van die Suidoosterfees Talentsoektog weer op in Kunstreffers: Konsert van Hoop. Hulle deel die verhoog saam met die ikoniese Laurika Rauch, Robin Peters van The Voice-faam, klassieke kunstenaars soos Janel Speelman en Xolane Marman, Unmute Dance Company, Jazzart asook Cape Town City Ballet, Dizu Plaatjies en die Libertaskoor o.l.v. Johan de Villiers.

“Daar word ook voorsiening gemaak vir jong en opkomende kunstenaars wie deel vorm van die NATi Jong Sterre genre met produksies soos onder meer Gympiestraat, Ikhaya Lam en NRNNSA: Die Nuwe Republiek van die Nuwe Nuwe Suid Afrika,” vertel Rademan verder.

Kaartjies vir Suidoosterfees 2018 is nou beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home-winkels. Besoek www.suidoosterfees.co.za vir meer inligting.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Suidoosterfees laat inryteater herleef met kykNET Atlantic inryfees
Fantastiese top 15 kunstenaars by vanjaar se Suidoosterfees
Kunstreffers: Konsert van Hoop by vanjaar se Suidoosterfees

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.