Inskrywings vir die jaarlikse Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings het geopen en jy word uitgenooi om jou inskrywing(s) te maak!
Klik op die skakels hieronder om die nodige vorms af te laai:
Ghoema 2017 Amptelike Kriteria, Reëls en Regulasies
Neem kennis van die volgende:
– Elke verteenwoordiger en kunstenaar moet hulself deeglik vergewis van die inhoud van die Amptelike Kriteria en Regulasies-dokument, soos opgetrek en saamgestel deur die Bestuurskomitee, voordat inskrywings gemaak word.
– Die inskrywingsvorm het twee bladsye: Die fisiese inskrywingsvorm sowel as ’n voorbeeld van hoe inskrywings gemaak moet word. Inskrywings moet duidelik gemerk word en as ’n PDF-dokument gestuur word na: edelingh@iafrica.com.
– Nadat alle inskrywings ontvang is, sal ’n faktuur aan jou gestuur word om die inskrywingsfooi(e) te betaal.
– Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 18 November 2016 en daar gaan streng by dié sperdatum hou!