Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Suidoosterfees»Suidoosterfees laat inryteater herleef met kykNET Atlantic inryfees
Suidoosterfees

Suidoosterfees laat inryteater herleef met kykNET Atlantic inryfees

Redaksiespan31 Oktober 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die Suidoosterfees en Atlantic Studios laat die klassieke inryteater herleef. Van 4 tot 15 November 2020 word feesproduksies in ’n splinternuwe baadjie geklee en kan groter gehore vanuit die gemak en veiligheid van hul motors na feesaanbiedings in die vorm van lewendige opvoerings op die verhoog en silwerskerm kyk.

Kaapse musiekliefhebbers kan onder meer uitsien na drie groter produksies met van ons land se voorste kunstenaars. Die kunstenaars tree op ’n buitelugverhoog voor die “gehoor” van motors terwyl beelde van die konsert ook op ’n reuse silwerskerm agter die verhoog, geprojekteer word. 

Die feit dat inry- musiekteaters ’n nuwe inisiatief is, maak dat hierdie ’n baie opwindende éérste ervaring sal wees vir almal wat die konserte bywoon. Inryteatergangers skakel in op ’n FM-radiofrekwensie om in hulle motors na die klankbaan te luister. Die geleentheid voldoen volledig aan vereistes ingevolge die COVID-19- nasionale gesondheids- en veiligheidsregulasies.

  • Al die vertonings begin 20h00.
  • Kaartjies beskikbaar by Computicket.
  • R250 per voertuig – maksimum 2 persone, R300 per voertuig – maksimum 4 persone.

Francois van Coke en Early B – Woensdag 4 November

Suid Afrika se grootste rocker en rymkletser saam op een verhoog! Francois van Coke is sinoniem met Afrikaanse rock, hy is welbekend as ’n solokunstenaar en ook as die voorsanger van die groepe Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. Die gewilde rymkletser, Early B is welbekend vir sy vermoë om blitsvinnige ryme met ongeëwenaarde klarigheid te spoeg! Die musikale kragtoer met masjiengeweer ryme deur die formidabele rocker en rymkletser is beslis ’n vertoning om nie mis te loop nie.

Klopse Jol! – Donderdag 12 November

’n Unieke feesproduksie met Kaapstad se voorste kunstenaars wat die stad se ryke kultuurtradisies laat leef. Die Adams-broers saam met ’n eg Kaapse Maleierkoor, Klopsegroep en ’n tienstuk-orkes wat die voete sal laat jeuk. Daar sal ook ’n paar opwindende gaskunstenaars wees, insluitende die talentvolle Nicoleen Saal, wat onlangs Maak my Famous reeks 2 op kykNET gewen het, asook Rjay en Lil-LK van die trefferlied “Wikkel.” ’n Heerlike tradisionele Kaapse musiek-erevaring wat musiekliefhebbers nie sommer gou sal vergeet nie.

PJ Powers en die Tygerberg-kinderkoor – Saterdag 14 November

PJ Powers, ’n Suid-Afrikaanse legende, snoer talente saam met die Tygerberg-kinderkoor om hierdie musiek-extravaganza na die feesverhoog te bring. PJ se onblusbare energie, tesame met die mooiste koorklanke en haar uitmuntende orkes. Feesgangers kan uitsien na treffers soos Welcome to Africa, The right to learn, Jabulani, Sanbonani, Destiny, The world in union en Shosholoza. Met PJ Powers en die Tygerberg Kinderkoor o.l.v. Karina Erasmus, ondersteun deur die PJ Powers band – Tigger Reunert (kitaar), Schalk Joubert (baskitaar), Rollins Mankge (klawers), Kevin Gibson (dromme)

Volgens professor Brian Figaji, voorsitter van die Suidoosterfees-direksie, is gehore uitgehonger vir teater- en musiekproduksies. Die fees se inryteater bied ’n veilige uitlaatklep, danksy die ondersteuning van borge en die samewerking met Atlantic Studios. Dié inisiatief bied ’n alternatiewe opsie vir optredes en voorsien broodnodige inkomste aan kunstenaars. Inryteatergangers kan ook uitsien na heerlike ‘roadhouse’-etes wat vanuit die kykNET Kokkedoorstoor voorberei word.

Ander opwindende Suidoosterfees- inryteater produksies om na uit te sien is onder andere: Die Variety Show that skriks vir niks, Lottering in Lockdown, Koortjies met Jonathan Rubain en Lag my kla’.  Die eerste Afrikaanse gospel-televisiereeks, Koortjies met Jonathan Rubain en vriende, is een van die gewildste reekse ooit op kykNET & Kie. Gaste wat in die reeks te sien was, kom byeen vir ’n aanskoulike verskeidenheidsvertoning by die inryteater. Vir die volledige program, klik hier.

Vir Kaapstad is die kykNET Atlantic Inryteater die ideale geleentheid om die kunste weer behoorlik te vier ná die grendelstaat. Daarom gooi Kaapstad haar deure wyd oop om kunsteliefhebbers van oral in die provinsie te verwelkom. Spesiale pakkette word aangebied om dit vir besoekers van buite die stadsgrense moontlik te maak om te kom deel in vermaak uit die boonste rakke. Verblyfpakkette by City Lodge is beskikbaar teen R1600 vir twee persone, en sluit bed en ontbyt, ’n inryteaterkaartjie en ‘roadhouse’-ete in.

Hierdie inisiatief van die Suidoosterfees is moontlik gemaak deur die Nasionale Departement van Sport, Kuns en Kultuur, die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, Stad Kaapstad, kykNET, NATi, Die Burger, Media24, Smile FM en Atlantic Studios.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Fantastiese top 15 kunstenaars by vanjaar se Suidoosterfees
Kunstreffers: Konsert van Hoop by vanjaar se Suidoosterfees
Programbekendstelling van 15de Fantastiese Suidoosterfees ’n reuse sukses

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.