Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Liefde By Die Dam

Liefde by die Dam is terug; kaartjies nou te koop!

Redaksiespan27 Januarie 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Vir die afgelope twee jaar het die pandemie alle konserte gekelder, maar nou is dit gelukkig weer tyd om die hekke wyd oop te swaai en te laat waai! Liefde by die Dam is een van daardie feeste wat musiefliefhebbers op hul kalender in rooi merk. “Next level”, soos die outjies in die voorste ry dit noem. Groot name op een van die grootste musiekverhoë in die land. Die program sorg vir die heerlikste musiek vir jonk en oud – ’n ideale dag uit saam met jou vriende en familie. 

Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Appel, Elandré, Demi Lee Moore, Refentse, Bernice West, Robbie Wessels, Youngsta CPT en Schalk Bezuidenhoudt maak uit van dié sterblaaide program vir Sondag, 3 April 2022 by die Emerentia Dam in Johannesburg en Saterdag, 9 April 2022 by die Merendal Wynlandgoed in Kaapstad. 

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, wat ook die mede organiseerder van Liefde by die Dam is, sê dat dit vir hulle belangrik is om ’n platform te skep waar die beste van die Suid-Afrikaanse musieklandskap aangebied kan word. “Ons kies kunstenaars wat ons wéét die verhoog behoorlik sal laat vlamvat. Ons is baie gelukkig dat almal op ons A-lys ingestem het. Feesgangers kan verwag om hulle persoonlike gunstelinge te sien optree met net die heel beste klank op ’n groot verhoog! Ons begin nou al werk en haal alles uit om vir almal wat saam kom by die onderskeidelike konserte, een van die beste feesdae ooit te kan gee.”

Die gewilde komediant en akteur Schalk Bezuidenhout is vanjaar die seremoniemeester by beide konserte. Bezuidenhout wat ons met sy “feeling good, feeling positive!” sosiale media inskrywings vermaak sedert die grendel-tydperk in 2020 begin het, vertel dat mense ’n “grote kan verwag!” “Hierdie kunstenaars is honger om te perform! En ons weet die mense is ook honger vir ’n hell of a show,” het hy gesê.

Francois van Coke tree vanjaar by die Johannesburg konsert op en sê dat hy baie bly is oor dié aankondiging. “Ek is van die begin af deel van die Liefde by die Dam-familie. Ek kan nie wag om weer op hierdie ongelooflike verhoog te staan nie. Sien julle daar; ek kan nie wag nie!”

  • Liefde by die Dam word met trots moontlik gemaak deur Lyle & Scott en Lift Airlines met Jacaranda FM en Bok Radio as media vennote. 

Kaartjies:

Bespreek jou kaartjies by www.liefdebydiedam.co.za

Algemeen: R295.00

Liefde kaartjies: R495.00 (dubbelkaartjie vir twee)

VIP areas met gratis kroeg, sitplekke en sambrele. Maksimum 30 mense – beskikbaar teen R40 000. 

Kom deel in ’n heerlike, gesellige musiekdag by die dam – bring piekniek mandjies. Daar sal ook ’n verskeidenheid kosstalletjies wees. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
Die gewilde Liefde by die Dam-konserte is terug!
Nóg ’n kans om kaartjies vir ‘Liefde by die Dam’ op te raap!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.