Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Liefde By Die Dam»’n Stampvol ‘liefde by die dam’ in Augustus
Liefde By Die Dam

’n Stampvol ‘liefde by die dam’ in Augustus

Redaksiespan27 Julie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Op Sondag, 4 Augustus 2019 kan konsertgangers ’n onvergeetlike dag by die Emmarentia-dam verwag. Liefde by die dam, vernoem na Valiant Swart se bekende trefferlied met dieselfde titel, bied elke jaar net die beste in plaaslike musiek aan. Dit is die perfekte dag vir saamkuier met musiek deur fenomenale, uiteenlopende kunstenaars in ‘n skouspelagtige omgewing. 

“Goeie musiek deur van ons land se gunstelingkunstenaars, goeie geselskap en goeie kos in ’n gesellige omgewing dit is presies die dinge waarvan ons gemaak is. Die konsert het jaar na jaar bly groei en is nou een van die hoogtepunte op die Suid-Afrikaanse feeskalender – een wat duisende mense van regoor Gauteng en naburige provinsies lok. Ons is trots daarop om die amptelike radiovennoot vir Liefde by die dam in Johannesburg te wees en die hele Jacaranda FM-familie sal saam kom kuier vir ’n dag van pret en plesier in die Jozi son. Sien julle daar,” het Kevin Fine, die hoof uitvoerende beampte by Jacaranda FM, gesê.

Die 2019-program bestaan ​​uit van Suid-Afrika se mees suksesvolle en buitengewone kunstenaars: Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke, wat as twee van die gewildste Afrikaanse kunstenaars in die huidige SA Musiek-landskap beskou word, het verlede jaar die Liefde by die dam-gehoor op hul voete gehad en beloof dieselfde opwinding by vanjaar se konsert. Die super program sluit die lieflike, bekroonde sangeres Tarryn Lamb; die bekende alternatiewe rockgroep Spoegwolf, die legendariese Coenie de Villiers en die wêreldbekende, veelvoudige Grammy-wenners, Soweto Gospel Choir in. Bouwer Bosch en Lucinda Neethling het onlangs saam musiek begin maak en dit is pas aangekondig dat dié wonderlike duo vanjaar op die Liefde by die dam-verhoog te sien gaan wees. Die immergewilde Martin Bester sluit ook by die program aan en The Voice SA 2019 wenner, Tasché Burger, gaan ook optree. Daarbenewens is die talente van die dinamiese rap kunstenaar Early B en die skerp humor van Radio Raps die kersies op die koek om te verseker dat Liefde by die dam 2019, iets vir almal bied.  

Early B laat weet dat fans gereed kan maak om “hulle biscuits te skud” vir sy optrede. “Dis altyd ‘n gevoel van opgewondenheid wat oor my kom as ek op ’n groot verhoog soos Liefde by die dam optree. Die reaksie en die vibe wat ’n skare my gee vir iets wat ek in ’n kamer geskryf het, is ongelooflik.”

Francois van Coke is weer vanjaar terug op die Liefde by die dam-verhoog: “Ek is baie bevoorreg dat ek en my band nog by elke LBDD gespeel het. So, ek ken die jol! Ek gaan songs speel van my solo loopbaan, maar ook ’n paar Fokofpolisiekar classics. Daar sal ook definitief collabs wees met Heuwels en Early B. Toe ek en my vriende saam begin musiek maak was die droom om die musiek voor mense te kan speel. Ons was net dudes in garage was iets wou doen. Om dit by ’n fees soos LBDD voor duisende mense te kan speel, in die buitelug, is die droom wat waar geword het.”

Charlotte Kanter, Liefde by die Dam se bemarkingsbestuurder sê dat hulle weer vanjaar kragte span met Bouwer Bosch en sy Liefde Wen span om na die afloop van die konsert komberse in te samel vir minderbevoorregtes. “Ons het verlede jaar meer as 1000 komberse ingesamel. Bring jou kombers en los dit na die konsert agter. Ons mikpunt vanjaar is 2000.”

Die verhoog en perseel by Emmarentia Dam is groter vir vanjaar se LBDD. Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, en ook een van die organiseerders van die konsert, sê dat die span reeds hard aan die werk is om vir ’n onvergeetlike konsertervaring te sorg. “’n Buitelug vertoning het ’n spesiale sjarme. Ons het klomp musiek om te deel Maak gereed, dit gaan ’n enorme partytjie wees!”

Kaartjies vir Liefde by die dam op 4 Augustus is ongelukkig reeds uitverkoop!

Liefde by die dam word in trotse samwerking met Jacaranda FM, VIA, Huisgenoot, Netwerk24, Jo’burg City Parks en Twizza aangebied.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
Die gewilde Liefde by die Dam-konserte is terug!
Nóg ’n kans om kaartjies vir ‘Liefde by die Dam’ op te raap!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Tamlyn Wessels kies liefde bo planne met nuwe enkelsnit

17 April 2026

VanFokKingTasties is terug – en groter as ooit!

14 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.