Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Super Sokkie

Nóg ’n Super Sokkie in die Moederstad

Redaksiespan5 Mei 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Op 11 Mei 2019 bied GrandWest en Super Events weer die uiters gewilde Super Sokkie aan in die Grand Arena.

Dis ’n vieruur lange aaneenlopende sokkiedans partytjie met top Suid Afrikaanse kunstenaars: Theuns Jordaan, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Jan Bloukaas en Suid-Afrika se gunsteling partytjie duo Die Campbells.

Elke kunstenaar sal hulle grootste treffers sing en dan oorhandig aan die volgende kunstenaar wat sal sorg vir ’n energieke vertoning. Die gehoor sal heel aand saam sing en dans, terwyl hulle die geleentheid sal kry om hul gunsteling kunstenaar verskeie kere op die verhoog te sien deur die loop van die aand.

Die kunstenaars gaan ook medleys en duette sing wat slegs by ’n Super Sokkie-vertoning gehoor kan word.

“Ons is ongelooflik opgewonde om Super Sokkie weer by GrandWest aan te bied. Gedurende 2016 het ons met die Super Sokkie by GrandWest ’n Super Sokkie-wêreldrekord opgestel, met 1108 paartjies (2216 mense) wat terselfde tyd gesokkie het. Ons sien vreeslik uit na ’n heerlike aand met fantastiese vermaak,” het Kurt Darren en Tony Campbell die eienaars van Super Events gesê.

Daar sal verskeie verversings te koop wees vanaf verskillende kosstalletjies.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R150 per persoon vir algemene toegang en R250 per persoon vir die VIP-opsie.

Trek jou dansskoene aan en kom dans saam of kom sing net al jou gunsteling treffers saam. Bederf gerus al die moeders met ’n heerlike aand uit as ’n Moedersdag geskenk.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Super Sokkie eersdaags in die Sun Arena
Super Sokkie: ’n Nuwejaar opskop soos min!
Super Sokkie kom wéér na Carnival City
Skop uit jou skoene en Super Sokkie saam

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.