Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Super Sokkie

Super Sokkie kom wéér na Carnival City

Redaksiespan10 Desember 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die grootste sokkie-geleentheid van die jaar, Super Sokkie, kom wéér na Carnival City se Big Top Arena in Johannesburg – vir ’n derde keer.

Op Sondag, 31 Desember, kom kunstenaars soos, Kurt Darren, Liezel Pieters, Refentse, Snotkop en Nádine byeen om die nuwe jaar in te sokkie. Liedjies soos Cool soos Koos Kombuis, Kaptein, Anoret, Kaapse Draai en vele meer gaan sorg vir heerlike dansoomblikke.

Jou gunsteling sokkie-liedjies is nou letterlik ook aan die punte van jou vingers met die JOOX-musiekstroom app. Luister regstreeks na musiek of laai jou keuses af om weer én weer daarna te luister. Laai die app gratis in die Google Playstore of iOS Store af.

“Ek het so drie jaar gelede begin sien hoe die lekker dansplekke begin verdwyn en toe besluit ek om ’n platform te skep waar die kunstenaars ’n kans kry om voor ’n gehoor wat honger is vir dansmusiek, op te tree – op ’n groot skaal!” vertel Kurt Darren, organiseerder van Super Sokkie.

Super Sokkie is ’n konserttoer wat aangebied word reg oor Suid-Afrika en selfs op die water. Dié geleentheid spog selfs met ’n wêreldrekord. In 2016 het ongeveer 1180 paartjies gelyktydig by die GrandWest se Grand Arena gesokkie op die maat van Kurt Darren, Juanita du Plessis en Die Campbells se musiek.

Volgens die sanger Snotkop sien hy die meeste uit om saam met sy aanhangers te kuier. “Dit gaan die grootste jol van die jaar wees. Jy mag dit nie misloop nie,” het hy gesê.

Super Sokkie toer volgende jaar – op 3 Maart – ook na die VSA en daarna word daar van Vrydag, 9 Maart tot Maandag, 12 Maart op die MSC-vaart gedans. “Oujaarsaand by Carnival City is nou vir die derde jaar die plek om te wees as jy die nuwe jaar wil indans. Met kroeë langs die dansvloer en baie eetplekke naby gaan jy beslis nie dors of honger ly nie. Dit raak baie vinnig vol, so kry jou kaartjies nou by Computicket,” moedig Kurt aanhangers aan.

Kaartjies vir die vertoning op Sondag, 31 Desember is nóú landwyd beskikbaar by Computicket-kiosks, Shoprite/Checkers en House & Home. Kaartjies is ook aanlyn by Computicket of by 0861 915 8000 beskikbaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Nóg ’n Super Sokkie in die Moederstad
Super Sokkie eersdaags in die Sun Arena
Super Sokkie: ’n Nuwejaar opskop soos min!
Skop uit jou skoene en Super Sokkie saam

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.