Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Super Sokkie eersdaags in die Sun Arena

FOTO: Verskaf

Op 18 April 2019 bied Time Square en Super Events die uiters gewilde Super Sokkie-konsert in die Sun Arena aan.

Dis ’n vieruur lange aaneenlopende sokkiedans partytjie met top Suid-Afrikaanse kunstenaars: Theuns Jordaan, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Dirk van der Westhuizen en Suid-Afrika se gunsteling partytjie duo Die Campbells.

Elke kunstenaar sal hulle grootste treffers sing en dan oorhandig aan die volgende kunstenaar wat sal sorg vir ’n energieke vertoning. Die gehoor sal heel aand saam sing en dans, terwyl hulle die geleentheid sal kry om hul gunsteling kunstenaar verskeie kere op die verhoog te sien deur die loop van die aand.

Die kunstenaars gaan ook medleys en duette sing wat slegs by ’n Super Sokkie-vertoning gehoor kan word.

“Ons is ongelooflik opgewonde om Super Sokkie na die Sun Arena toe te bring. Ons doel is ook om ’n nuwe Super Sokkie wêreldrekord vir die meeste mense wat gelyk sokkie op te stel. Die huidige rekord is 1108 paartjies (2216 mense) wat opgestel was by die Super Sokkie wat in 2016 by GrandWest plaasgevind het. Met die Sun Arena wat meer mense kan akkommodeer dink ons dis beslis moontlik om ’n nuwe rekord op die 18de April op te stel,” vertel Kurt Darren en Tony Campbell die eienaars van Super Events.

Daar sal verskeie verversings te koop wees vanaf verskillende kosstalletjies.

Kaartjies is nou beskikbaar by Computicket vanaf R150 per persoon.

Trek jou dansskoene aan en kom dans saam of kom sing net al jou gunstelingtreffers saam.