Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Liefde By Die Dam»Nóg meer liefde by Liefde By Die Dam 2018
Liefde By Die Dam

Nóg meer liefde by Liefde By Die Dam 2018

Redaksiespan24 Mei 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Konsert en kuier gaan hand aan hand, en handjies vashou is mos Liefde. Vanjaar vind die gewilde Liefde by die Dam op Sondag 5 Augustus plaas – weer by die Emmarentia Dam, een van Suid-Afrika se mooiste konsert-tuine.

Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde titel, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien. Die program sorg vir die heerlikste musiek vir jonk en oud, ’n ideale musiekbelewenis vir die hele gesin of ’n lekker dag uit saam met jou “besties.”

Sewe top Suid Afrikaanse kunstenaars deel vanjaar die Liefde by die Dam verhoog: Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Francois van Coke, Koos Kombuis, Elvis Blue, Bongeziwe Mabandla, en Bouwer Bosch. Die seremoniemeester Schalk Bezuidenhout gaan die program se verloop met ligte vermaak bymekaar hou.

Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Francois van Coke, Elvis Blue en Bouwer Bosch was die afgelope tyd gereeld in die nuus met nuwe uitreikings en radiotreffers en het al elk verskeie gesogte SA-musiektoekennings losgeslaan. Voeg daarby een van ons land se mees invloedryke kunstenaars, die legendariese Koos Kombuis, asook die nuwe gesig van “Afro Folk”, Bongeziwe Mabandla, en Liefde by die Dam 2018 beloof om ’n onvergeetlike konsert-ervaring te wees.

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties sê Liefde by die dam is elke jaar baie spesiaal. “Bring jou mense en deel in die die liefde vir ons land en musiek. Ons help graag ander; bring jou kombers en los dit na die konsert agter. Liefde Wen sal seker maak dit kry die regte huis.”

So in die gees van gee, wat dink die kunstenaars? Hoe kan mense nog meer liefde uitdeel?

“Mens moet jouself leer liefkry heel eerste, dan kan jy ander mense liefkry. Ons het grootgeword in ’n kultuur waar ons van kleins af geleer is om onsself te ontken en misken, en skuldig te voel oor wie ons is.” sê Koos Kombuis.

“Wees vriendelik met kelners, petroljoggies en inbelsentrum-operateurs. Dis dalk ’n eenvoudige begin,” voeg Elvis Blue by.

“Soen die ou of die vrou langs jou,” sê Francois van Coke op sy beurt.

Daar het jy dit. Mag Liefde bly wen! Kom deel in ’n heerlike, gesellige musiek-dag by die dam – bring piekniek mandjies. Daar sal ook ’n verskeidenheid kosstalletjies wees.

Datum: 5 Augustus 2018
Tyd: 10VM en 6NM
Plek: Emmarentia Dam, Johannesburg

KLIK HIER OM KAARTJIES TE KOOP

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
Die gewilde Liefde by die Dam-konserte is terug!
Nóg ’n kans om kaartjies vir ‘Liefde by die Dam’ op te raap!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Tamlyn Wessels kies liefde bo planne met nuwe enkelsnit

17 April 2026

VanFokKingTasties is terug – en groter as ooit!

14 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.