Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Len Muller stel nuwe album vry

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

Len Muller het beslis geen bekendstelling in die musiekbedryf nodig nie. Hy het een van daardie unieke stemme, wat ’n gehoor in die palm van sy hand hou totdat die laaste noot wegsterf, en het in ’n kort tydjie homself stewig kom vestig in die harte van musiekliefhebbers. Sy tweede studio-album, Oog van die storm, is pas bekendgestel en beloof om nie net voort te bou op sy kenmerkende wenresep nie, maar dit ook te oortref.

Hierdie splinternuwe CD kan beskryf word as Afrikaans-akoesties en sluit die klanke van al dié musikant se gunstelinginstrumente in – van die banjo en mondfluitjie tot die tjello en akoestiese kitaar.

Klik hier om die album op iTunes te kry.

“Ek wou graag skryf oor die seisoene wat ’n mens beleef. Partykeer is dit ’n ‘Doodgewone Avontuur’ en soms bevind jy jouself in die ‘Oog van die storm’. Miskien lê die vreugde van die lewe daarin om nie daarteen vas te skop nie, maar om dit te vier. Die album het soortvan twee kante soos die liedjies verskil in styl. Ek het ook twee vervaardigers gehad. Gideon Botes het gewerk aan die meer kontemporêre liedjies op die album en Francois de Klerk het die meer alternatiewe liedjies verwerk. Dan is daar ook ’n bietjie Blues. Dit is ’n genre wat ek nog altyd wou opneem en ek en Dan Patlansky het kragte saamgespan om ’n liedjie op te neem,” vertel hy.

Len, wat bekendheid verwerf het vir sy aangrypende lirieke en strelende stem, se solo-loopbaan het in 2012 afgeskop toe hy Richardsbaai verruil het vir Pretoria se stadsliggies. Sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, wat in 2015 uitgereik is, het hom amptelik aan die musiekbedryf bekendgestel en heelwat treffers en benoemings (Ghoema- en Tempo-benoemings vir Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar) opgelewer.

Sedertdien het hierdie blondekopsangsensasie ’n prominente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers. Smag na Jou, die debuutenkelsnit, is vandag steeds ’n gunsteling en is gebruik op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas. Vir Die Een Wat Geval Het, wat in 2016 saam met Joshua na die Reën uitgereik is, het groot opslae gemaak en kry steeds gereeld speeltyd op die radio en kassie.

Alhoewel die musikant verantwoordelik is vir die meeste van die snitte op die nuwe album, het hy ook saam met ander talentvolle musikante gewerk om die perfekte eindproduk te verseker. “Die titelsnit het ek saam met Mynhardt Smit geskryf. Dit beskryf mooi die seisoen waarin ek myself bevind op die oomblik. Die eerste album, Doodgewone Avontuur, was vir my so half ’n geloofsprong in ’n onbekende wêreld en nou is ek in die middel van daai ‘storm’. Ek wil met die album iets sê van God wat die vrede en kalmte vir jou kan wees in die ‘oog’ van die storm. Wanneer als om jou lyk of dit ’n warrelwind is, kan jy veilig en kalm wees in God se hand,” sê hy.

Die Gang, ’n ou Laurika Rauch-treffer uit die pen van Chris Torr, kry ook ’n nuwe baadjie op die album en die eindresultaat is hoendervleismooi. “Len se stem is aangrypend en sy verwerking van die liedjie is bevange. Ek hoop dit doen geweldig goed,” sê Laurika en Chris bevestig haar opinie. “Ek het die voorreg gehad om vir een van Laurika Rauch se ou bekende liedjies ’n nuwe baadjie aan te trek. Luisteraars kan uitsien na ’n nuwe, vars verwerking van die lied op my nuwe album”, vertel Len opgewonde.

Sing vir Sente, die tweede wat hy saam met Faraway George geskryf het en ook die tweede enkelsnit vanaf dit album, is op 5 Junie 2017 uitgereik en kan gereeld oor die radio gehoor word.

“Ek en Faraway het albei ons werke bedank en stad toe getrek om voltyds in die musiekbedryf te werk. Die skuif was nie altyd maklik nie en kos heelwat meer opofferings en harde werk as wat ’n mens aanvanklik dink. Ons wou graag die storie vertel en diep uit die hart uit skryf,” sê die ster. “Ek glo dat mense met die storie sal kan vereenselwig, omdat baie van ons op ’n stadium in ons lewens eers moet Sing vir Sente om iewers te kom. Dis ’n goeie ding, want dit bou ’n stewige fondasie en hou jou voete op die grond. Party mense kry net een kans om hulle droom te volg, maar niks wat ooit die moeite werd is kom maklik nie.”

Die album se eerste goedvoel-enkelsnit, Ek Glo, is ongelooflik goed ontvang en het verskeie weke op die nommer een posisie van verskeie treffersparades gekuier. Die musiekvideo was ’n kitssukses, is reeds deur duisende mense op YouTube gekyk en kan ook gereeld op die kassie gesien word.

“Die lied kom uit ’n seisoen waar ek heelwat geloofspronge moes vat om dit te doen wat ek geroep is om te doen. Geloof het ’n groot rol gespeel om my deur hierdie moeilike tyd te dra. Hierdie liedjie is in ’n sekere sin ’n uitnodiging om te glo in ’n Skepper wat die pad aanwys, maar ook om te glo in dit wat Hy in ons elkeen geplaas het,” vertel hy. “Ek wou graag ’n lekkerluisterliedjie skryf, waarop mense kan dans of selfs om die braaivleisvuur kan geniet.”

Oor die afgelope paar jaar het Len nie net die verhoog met groot name soos Matthew Mole, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Dans Dans Lisa, Chris Chameleon, Jak de Priester, Andriëtte Norman, Dan Patlansky en Kaleidoskoop gedeel nie, maar homself ook gevestig as liedjieskrywer.

Hy is beslis besig om ’n sterk nalatenskap in die musiekbedryf te skep en Oog van die storm is ’n getuigskrif hiervan. Alle oë en ore is op hom, terwyl hy stelselmatig sy merk as een van Suid-Afrika se gewildste jong sterre maak.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.