Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Innibos

Standard Bank Innibos Digitaal is hier – kom sit héél voor!

Redaksiespan25 Junie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die Standard Bank Innibos Digitale-fees skop die komende naweek af en jy is verseker van die beste sitplek, maak nie saak waar in die wêreld jy jouself bevind nie!

Jy kan kies uit twintig produksies wat musiek, drama, komedie en kinderteater insluit. Sommige vertonings is uit die Innibos-argief, maar daar is ook splinternuwe produksies wat spesiaal vir Innibos Digitaal opgeneem is.

Innibos se feeskonserte is jaarliks ’n hoogtepunt tydens die kunstefees, en by Innibos Digitaal is daar drie van dié topkonserte te sien. Beleef die 2019 kykNET-Verjaardagkonsert, wat die Fiësta-toekenning gekry het vir die beste opelugkonsert verlede jaar, asook die 2019 JacarandaFM-konsert en Innibos is Groot, ’n opname van die baie gewilde 2014-hoofverhoogkonsert.

Dr Victor and the Rasta Rebels, Jak de Priester en Michelle Botha (Storm in ’n F-cup/Bra-vades) se vertonings is spesiaal vir Innibos Digitaal opgeneem.

Musiekteaterproduksies sluit in Stef Bos in Bos innie Bos, die tydloosheid van Koos du Plessis se musiek en liriek in Doep is nie dood nie met onder andere Jannie du Toit, terwyl Jannie Moolman en Kevin Leo in Crooners ou bekendes soos Dean Martin, Bing Crosby en Frank Sinatra na jou voorhuis bring.

’n Eerste in die Afrikaanse toneelbedryf is die digitale debuut Leengoed, met Tobie Cronjé en Wynand von Vollenstee. Moet dit nie misloop nie! Chris Vorster lewer ook ’n uitsonderlike solo-vertoning in Die hart verklap, terwyl hy meer komiese skoene aantrek in Manne saam met onder andere Hannes Brümmer.

Simon Bruinders bring Rainbow nation – ’n comic relief vir swaar tye na die fees, en in Die narre werklikheid onder regie van Albert Maritz sal jy lag én huil. Voorts is daar Annale van ’n windgat, Johny Klein vertel heerlike kontreistories in Pomporrelkonsert, en Elsabé Daneel en Wilken Calitz tower gedigte en musiek op in Rasende Ryme.

Vermaak die kleingoed met goeie kinderteater hierdie naweek: daar is Oom Karoolus en Lente, Felias en Pokkel en die immergroen Liewe Heksie en die Tuindwergie spesiaal vir hulle!

Stroming van Innibos Digitaal begin om 18:00 op Vrydag, 26 Junie. Kaartjies is reeds te koop by Computicket. Die vertonings bly vir 72 uur beskikbaar nadat jy die kaartjie gekoop het. As jy voor die 26ste jou kaartjie koop, begin jou 72 uur om 18:00 op die 26ste. Ander goeie nuus is dat die vertonings tot Desember vanjaar in die “biblioteek” sal bly – jy kan dus lekker lank feesvier!

Die volledige program is op innibos.co.za en op computicket.co.za. Dié fees vind vanaf 16 tot 19 Desember 2020 op Mbombela plaas. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Vuurwarm vermaak dié jaar op Innibos se hoofverhoog
Kom rol saam by Innibos 2018
Kom wees ‘balhorig’ by Minibos-konsert
Innibos 2017: Hoofverhoog weer propvol talent

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.