Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
VKB Bieliemieliefees

Reitz nooi jóú na die 40ste Bieliemieliefees

Redaksiespan12 Januarie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

In Februarie 2020 gooi die gemeenskap van Reitz in die Oos-Vrystaat vir die 40ste keer sy arms wyd oop om besoekers van oraloor by die Bieliemieliefees te verwelkom.

Hierdie is mielie-, soja en sonneblomwêreld en die boeregemeenskap is so gasvry soos hulle kom. Van Donderdag 13 tot Sondag 16 Februarie gaan die feesterrein vermaak vir jonk en oud verskaf om te wys hoe die Vrystaters kán kuier. 

Die Bieliemiefees is die Vrystaat se vierde grootste fees en lok jaarliks om en by 15 000 mense.

Vir die 40ste fees kan besoekers verwag om uitstallings van die nuutste landbou-implemente, die mooiste skape by die SA Vleismerino-skou, boere se heel beste vee by die kuddekompetisie, die ramveiling en die bees-uitstalling te sien, en ook sommer toekyk hoe bedrewe skaapskeerders teen mekaar meeding in die spoedskeerkompetisie voordat die sterk manne kyk wie die swaarste vrag wol kan dra. 

Daar is ook heelwat ander kompetisies op die program. Kom skat ’n bul se gewig of bring jou mooiste haan en swaarste hen om prettige pryse te wen. Dan kan jy ook nog ’n appeltjie skil met jou mededingers om te sien wie die taak die vinnigste kan voltooi, of aan die skilder- of brei-kompetisie deelneem terwyl bedrewe kokke hul staal wys met wie die lekkerste potjiekos kan voorsit.

Streepsakke, eiers, bokmis, mieliepitte, trekkerbande en wie weet wat nog alles sal beskikbaar wees vir diegene wat aan die boeresport-item saam met sepsiesterre van Binnelanders en Getroud met rugby wil deelneem. 

Die jongste besoekers word in die kinder-speelterrein besig gehou en kan vir Buster en Bella ontmoet terwyl Ma en Pa die feesterrein verken. 

Sportgeesdriftiges kan Saterdag, 15 Februarie, deelneem aan die Bieliemielie-marathon wat ’n kwalifiseerder vir die Comrades- én die Two Oceans-marathons is. Atlete wat voorheen aan hierdie item deelgeneem het, weet dat of jy nou die 5 km- of 10 km-pretdraf, die halfmarathon of die marathon hardloop, dit ’n lieflike roete bied.

Dan is daar ook ’n krieketwedstyd, gholf- en visvang-kompetisie waar groot pryse gewen kan word, en die Bulletjie-rugby- en mini-netbal-wedstryde lok elke jaar groot belangstelling.

Saans sorg gewilde sangers soos Appel, Adam Tas, Elandré, Demi Lee Moore, Sunset Sweatshop, Spoegwolf en nog andere vir vermaak en op Sondag word die fees afgesluit met ’n lofprysing saam met Jo Niemand en VirAnder.

Soos hulle sê, die helfte is jou nog nie vertel nie. Besoek die webblad die Bieliemieliefees-webblad of en die Facebook-blad by vir die volledige program en maak jou planne vir ’n onvergeetlike naweek.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

VKB Bieliemieliefees 2019: ’n Bielie van ’n fees
Talle nuwighede op 37ste VKB Bieliemieliefees

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.