Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»VKB Bieliemieliefees»Talle nuwighede op 37ste VKB Bieliemieliefees
VKB Bieliemieliefees

Talle nuwighede op 37ste VKB Bieliemieliefees

Redaksiespan3 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Alle paaie lei van 15 tot 18 Februarie 2018 na Reitz vir die 37ste VKB Bieliemieliefees, en as jy nie daar gaan wees nie, gaan jy uitmis op ’n bielie van ’n fees!

Die VKB se Bieliemieliefees 2018 beloof om selfs nóg meer vermaak aan feesgangers te bied– of jy nou drie of 83 jaar oud is.

Volgens dié fees se webblad is die Afrikaanse TV-kanaal, kykNET ook aanboord as borg. “Dit beteken dat jy skouers sal kan skuur met van jou gunsteling sepiesterre. Kom neem die Saterdag deel aan die Boeresport om te sien watter Binnelanders-akteurs gaan dit waag om sakresies, eiergooi en vele meer aan te pak,” lui die verklaring.

En dis nie die enigste bekendes en beroemdes saam met wie jy sal kan kuier nie. Die sangers wat gaan optree en sorg dat daar behoorlik lyf geswaai word by die 2018 fees is A-klas.

Dit sluit kunstenaars soos, Die Campbells, Jonathan – Radio Raps, Snotkop, Adam, Bobby van Jaarsveld, Jo Black, Vernon Barnard (The Voice), Bouwer Bosch, Anders, Irene-Louise van Wyk, Wit Kasteel, Blomtrein en vele meer in.

Die fees spog ook met talle nuutjies op die feesterein. ’n Tentedorp aangelê met 193 kampeerplekke waar Bieliemieliefeesgangers kan tuisgaan is een van dié opwindende toevoegings. “Teen so min as R500 per persoon vir die hele naweek kan feesgangers hier oornag. Hierdie fooi sluit ook jou toegang tot die Bieliemieliefeesterrein in. Maar jy sal gou spring as jy ’n staanplek soek, want die belangstelling is groot,” lui die verklaring verder.

Een van die nuwe items op die 2018 fees se program is ’n 4×4-hindernisroete wat vir 4×4-entoesiaste groot plesier gaan verskaf.

By die 2018 fees sal die 42 km marathon ook vir die eerste keer dien as kwalifiserende marathon vir die Comrades 2018. Hierdie is dus ’n gulde geleentheid om die Bieliemieliefees by te woon as jy nog nie voorheen hier was nie, of as jy ’n verskoning soek om wel te kom.

Die Bieliemieliefees se bergfietsresies het ook al een van die gesogte wedrenne vir bergfiets-entoesiaste geword met ’n roete wat ewe veel uitdaging as natuurskoon bied. ’n Vierwielfietswedren (“quad-bikes”) sorg vir groot opwinding, en as jy een van die avontuurlustiges is, mag jy dit nie misloop nie!

Die jaarlikse Vleismerino-veiling is een van die items wat boere van reg oor die land jaarliks na die Bieliemieliefees lok. Dan is daar ook die jongooi-kompetisie en ook uitstallings van beeste en boerbokke.

Vir sportentoesiaste word daar vanjaar vir die eerste keer ook voorsiening gemaak. Kom speel op die plaaslike bane rolbal, gholf, krieket of veerpyltjies of bring jou visstokke saam en kom maak saam lyne nat.

Daar is weer soos in die verlede verskeie kompetisies. Skryf jou mooiste Bieliemieliefees-foto in of bring jou naaldwerk of die kleinspan se kinderkuns en wen vyf nagte verblyf vir vier persone by die ATKV Klein-Kariba-vakansieoord in Bela-Bela.

Nog ’n nuwe item op Bieliemieliefees 2018 se program is die VKB-kookkompetisies. Sjef Ouma, Sjef Mamma, Sjef Tiener en Sjef Pappa se wenners wen elkeen pryse ter waarde van R5 000.

Kinders is net so deel van die Bieliemieliefees soos die volwassenes. Daarom is daar vanjaar nog ’n nuwe item op die program waar daar vir hulle voorsiening gemaak word by die Kinderkarnaval waar hulle kan speel, hulle gesigte laat verf, aan karaoke deelneem en ook vir Buster en Bella kan ontmoet te midde van hope ander vermaaklikheid. Gekwalifiseerde personeel sal na hulle omsien teen ’n uurlikse fooi terwyl Mamma en Pappa die skouterrein kan verken. En in die pretpark is dit lekker om sommer net weer heeltemal kind te wees.

Die Bulletjie-rugby- en netbal-kragmetings by die Hoërskool Reitz is ’n ou staatmaker op die Bieliemieliefees-program en lok elke jaar groot belangstelling.

By Bieliemieliefees 2018 is daar ook meer uitstallers en stalletjieshouers as voorheen. Uitstallers van plaastoerusting en -masjinerie  sal weer hulle nuutste en grootste verkopers kom wys, terwyl stalletjiehouers van reg oor die land hulle mooiste ware saambring.

Tussen al die kosstalletjies waar Vrystaatse gasvryheid saam met heerlike kos en peuselhappies bedien word en die immergewilde Biertent waar nuwe vriendskapsbande gesmee en nuwes gevestig word, bly die mae vol en die kele geolie, en word dit net nóg ’n rede hoekom die VKB Bieliemieliefees elke jaar met etlike duisende besoekers groei.

Besoek gerus die fees se webblad en Facebook-blad vir meer besonderhede. Die volledige feesprogram kan hier afgelaai word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Reitz nooi jóú na die 40ste Bieliemieliefees
VKB Bieliemieliefees 2019: ’n Bielie van ’n fees

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.