Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

René de Klerk groet ‘Reën’, kry nuwe lid!

Redaksiespan21 Februarie 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die nuwe Reën wat uit Richann en Nolene bestaan. FOTO: Willem Botha

René de Klerk gaan voortaan nie meer deel wees van die sanggroep Reën nie.

Reën het ontstaan toe Richann en René besef hulle het albei ’n liefde vir musiek maak. Die lugtyd op Boer soek ’n vrou het natuurlik die sukses gesteun, maar die aansteeklike innigheid van hulle liedjies het die harde drawerk gedoen. Hulle eerste enkelsnit Vrystaat Vlaktes het goud behaal, asook 1.8 miljoen trefslae op YouTube. Indrukwekkend volgens enige maatstaf vir ’n debuut vrystelling.

LEES OOK: Boer Soek ’n Vrou se Richann en René sing nou saam

“Die sukses was oorweldigend en het my lewe omver gegooi, op ’n positiewe manier” verduidelik René by ’n tele-perskonferensie waar sy die eerste keer vir Nolene ontmoet. “Ek voel so bietjie skuldig, want dit is so ’n groot ding wat ek nooit voorsien het nie. Ongelukkig was ek net nie in ’n posisie om my lewe te stop en die musiek op so skaal aan te pak nie,” erken René. Wat min mense miskien weet is dat René alklaar ’n opwindende loopbaan het as politieke-analis.

“Tydens die hele Covid-drama het ons nooit opgetree nie.” Met dinge wat nou skynbaar bietjie begin kalmeer het die druk-realiteit van moontlike toerlewe in gesink. Musiek sal altyd deel wees van my lewe op ’n manier. Never say never. Ek love dit om te sing. Ek dink dis deel van my selfverwesenliking. Ek weet hierdie was ’n eens-in-’n-leeftyd geleentheid, maar ek moes ’n keuse neem tussen my loopbaan in die politieke wetenskap en my lewe in Reën. Dis net onmoontlik om te balanseer.”

Die besluit was nie maklik nie. René wou natuurlik niemand in die verleentheid laat nie, maar gelukkig het gesoute vervaardiger Murray Lubbe, wat help met die musiek skryf en opneem, toevallig tydens die inperkingsperiode kontak gemaak met ’n jong verskietende ster, Nolene. Wie jy dalk sal herken van ’n ander TV-program af?

Sy vertel: “Ek het ’n baie musikale familie en ons sing maar nog altyd. Op skool was ek in kore en het aan produksies deel geneem. Ek het Musikale Produksie studeer deur Trinity London College en in 2020 deel geneem aan Maak My Famous. Dit het my laat besef dat hierdie is wat ek wil doen.”  Murray het vir Nolene ontdek op die populêre sosiale media platform TikTok waar sy “sommer net liedjies gesing het”. Hy was onmiddelik beïndruk. “Toe skryf [Murray] vir my op Facebook. Toe moes ek besluit. Ek het dit oorweeg om te begin spraak terapie studeer, maar ek gaan eers sien hoe besig ek is met Reën. Ek raak nou 21 op ons eerste show!”

Dis heel waarskynlik die eerste en die laaste keer wat mens hulle al drie in dieselfde kamer gaan hê, maar almal is kalm en bedagsaam en daar is nie eens ’n leidraad van ongemaklikheid nie. Op die vraag hoe René voel oor Nolene antwoord sy spontaan: “Nolene is lovely. Ons het lekker gesels. Ek weet sy gaan ’n super sukses daarvan maak, en ek is baie opgewonde om te sien wat sy doen!”

Die man in die middel, Boer Richann is net so bedagsaam: “Ek verstaan René se besluit. Daar is nie regtig ’n besluit nie! As iemand voel hulle lewe gaan in ’n rigting in dan moet hulle saam gaan. Ek is besig om te boer, maar vir my voel dit asof ek nie die geleentheid kan laat verby gaan nie. Dis vir my om ’n beter liedjieskrywer te word en nuwe mense te leer ken en myself te verbeter as ’n kunstenaar.” Richann is ’n regte egte boer met soos ’n plaas en skape en goed maar sy “situasie laat dit baie beter toe as René se situasie. My day job laat spasie vir ’n musiekloopbaan.”

Wanneer hy gevra word hoe hy voel oor al die dinge is hy beskeie: “Ek is dankbaar. Ek voel asof almal gelukkig is. Dit voel asof ek nog ’n kans kry tot my musiekdrome met Nolene en ek is dankbaar daarvoor en ons is opgewonde!”

Nou ja, as almal net so volwasse kan optree sal die wêreld ’n beter plek wees.

  • Reën se nuwe enkelsnit met Nolene word eerskomende Vrydag, 25 Februarie vrygestel. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie
Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie
Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’
Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie

16 Oktober 2026

Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie

16 Oktober 2026

Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’

16 Oktober 2026

Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

16 Oktober 2026

Spoegwolf is terug met malste album nóg!

16 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.