Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie

Redaksiespan16 Oktober 2026
FOTO: Hendri Fourie
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Daar is min dinge so gevaarlik soos twee pelle met ’n plan en iemand wat vra: “Jy Sallie?” Want voor jy jou oë uitvee, het ’n vinnige kuier in ’n aand ontaard waaroor daar nog lank gepraat gaan word.

Appel en Ichnus span kragte saam vir “Jy Sallie”, ’n energieke, humoristiese kuierliedjie wat die stoutigheid, kameraadskap en soms twyfelagtige besluite tussen goeie vriende op ’n eg Suid-Afrikaanse manier vier.

“Ek dink elke ou het daardie een pel wat hom maklik in die moeilikheid kan laat beland,” vertel Appel. “Jy kan klaar weet dis nie noodwendig ’n goeie plan nie, maar as jou pel jou vra: ‘Jy Sallie?’, dan begin jy darem ernstig wonder of jy nie maar moet saamgaan nie!”

Die liedjie begin met ’n situasie wat vir baie Suid-Afrikaners bekend sal voel: ná ’n lang werksweek is dit tyd om die voete op te tel en saam met die manne te kuier. Die plan is eenvoudig – net gou een dop. Maar een word twee, twee word drie, en skielik is dit lank ná middernag en is daar is nóg ’n plan op die tafel.

“Dis mos hoe dit werk,” sê Appel. “Niemand beplan om die volgende oggend wakker te word en te wonder hoe die aand so handuit geruk het nie. Dit begin altyd met iemand wat sê: ‘Kom ons gaan drink net gou een.’ En dan is daar daardie vriend wat altyd ’n plan het om die aand nog ’n bietjie langer te maak!”

Met skerp humor, herkenbare karakters en ’n aansteeklike koor is “Jy Sallie” gemaak vir saamkuier, saamlag en natuurlik saam sing. Dit vang daardie oomblik vas wanneer gesonde verstand jou probeer waarsku, maar jou lojaliteit teenoor jou pel die oorhand kry.

Volgens Appel lê die lekkerte van die liedjie juis daarin dat mense hulself en hul vriende daarin sal herken.

“Ons almal ken daardie ou wat altyd sê hy gaan vroeg huis toe, maar op die ou end is hy die laaste een wat sy sleutels soek!” lag hy. “Dis die soort storie wat jy nie eens hoef te probeer oordryf nie, want die werklikheid is klaar snaaks genoeg.”

Maar soos enige goeie kuierstorie het “Jy Sallie” ook ’n kinkel. Wanneer die manne se planne al groter raak, is daar altyd iemand wat uiteindelik die laaste sê het. En soms is dit beslis nie een van die manne nie!

Vir Appel en Ichnus gaan die enkelsnit oor meer as net ’n aand uit. Dit gaan oor die vriendskappe, spontane oomblikke en lawwe stories wat mettertyd deel word van ’n mens se beste herinneringe.

“Die lewe is klaar ernstig genoeg. Soms moet ’n mens net ’n liedjie hê wat jou laat glimlag, jou voete laat jeuk en jou aan jou eie pelle laat dink,” sê Appel. “As jy na ‘Jy Sallie’ luister en dadelik aan iemand dink wat jou al in so ’n situasie laat beland het, dan het ons ons werk gedoen!”

Met sy lekker kuiergees en ’n tema waarmee menige vriendekring sal kan identifiseer, beloof “Jy Sallie” om ’n gunsteling by braaivleisvure, kuierplekke en enige geleentheid waar die musiek ’n bietjie harder gedraai word, te wees.

Die vraag bly dus: Wie is daardie een pel in jou lewe vir wie jy nooit “nee” kan sê nie?

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie
Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’
Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit
Spoegwolf is terug met malste album nóg!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie

16 Oktober 2026

Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie

16 Oktober 2026

Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’

16 Oktober 2026

Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

16 Oktober 2026

Spoegwolf is terug met malste album nóg!

16 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.