Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Maak gereed vir die beste aand: Francois van Coke & Vriende is terug!

    3 Junie 2025

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

Redaksiespan DorpToe
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link
FOTO: Verskaf

Die DorpToe Fees wat op 16 en 17 Mei 2025 by die pragtige Heartland Equestrian Estate plaasgevind het, het bewys dat dit ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse musiek- en vermaakbedryf is. Met duisende feesgangers, ’n sterbelaaide kunstenaarslys en ’n onmiskenbare gevoel van samehorigheid, was dit ’n ervaring wat lank onthou sal word. Tussen al die bekende gesigte het een besondere persoonlikheid die skare se aandag getrek – die geliefde aanbieder van Sing in Afrikaans, Charmaine.

FOTO: Verskaf

Charmaine se teenwoordigheid het ’n ekstra vonk by die fees gevoeg. As bekende mediafiguur het sy gemaklik tussen die kunstenaars beweeg, vriendelike groete en opregte gesprekke gedeel, en natuurlik hope glimlagte uitgedeel. Sy het tyd agter die verhoog spandeer en weer bande gesmee met kunstenaars wat sy al jare ken – van Appel en Demi Lee Moore, tot Early B, Fatman, Bok van Blerk en Lianie May.

“Dit was soos ’n groot familiebyeenkoms,” het Charmaine gesê. “Ek ken meeste van die kunstenaars al lank, en om hulle almal weer op een plek te sien optree en saam te kuier, was besonders.”

Die DorpToe Fees het ’n indrukwekkende lys kunstenaars gehad wat die verhoog aan die brand gesing het. Demarie, Bibi, Sonder Onderbroeke, Anzelle, Jemma Catherine, Fran Prins, Marno van der Merwe, JAN JAN JAN, Jay, en vele meer het almal hul merk gelaat. Selfs DJ Sensasie het die aand afgesluit met ’n klankbaan wat niemand laat stilsit het nie.

Hoewel Charmaine nie daarin geslaag het om saam met Ivan Roux en Pieter Smith ’n foto te neem nie, was die ontmoetings wat sy wel gehad het, vol warmte en herinneringe.

Wat DorpToe Fees só spesiaal gemaak het, was die gesinsvriendelike atmosfeer. Die stalletjies het heerlike kos en unieke produkte aangebied, daar was ’n speelhoek vir kinders, en die organisasie was van die hoogste gehalte. Die produksie het professioneel en glad verloop, en elke element het bygedra tot ’n topklas ervaring.

“Dit was ongelooflik om deel te wees van die DorpToe Fees,” het Charmaine saamgevat. “Die energie van die publiek en die talent van die kunstenaars was net besonders. Ek kan nie wag om dit weer te ervaar nie!”

Met ’n suksesvolle eerste aanbieding en duidelik baie potensiaal vir groei, het die DorpToe Fees homself gevestig as ’n belangrike nuwe byvoeging tot die Afrikaanse musiekkalender. En met ambassadeurs soos Charmaine in die skare, is daar geen twyfel dat dié fees net groter en beter gaan word nie.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

WAARSKUWING: Mieliebom mag boepies laat wip en braaibroodjies laat brand – Frikkie is terug!

2 Junie 2025

Radio, o-o-o! Nicholis Louw is terug op volle volume in jou ore

2 Junie 2025

Deon Groot vier 100 jaar van Afrikaans met unieke kuierliedjie

2 Junie 2025

Die Kontrak se Damian Beer laat harte klop met enkelsnit ‘Lewenslyn’

2 Junie 2025

Vyf sangers vat die pad bos toe vir ’n ‘Jagtrip’

30 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.