Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Vyf sangers vat die pad bos toe vir ’n ‘Jagtrip’
Nuus

Vyf sangers vat die pad bos toe vir ’n ‘Jagtrip’

Redaksiespan30 Mei 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Pak jou tas, want vyf van Suid-Afrika se gewildste manlike kunstenaars – Ricus Nel, Ruhan du Toit, Chris Steyn, Bok van Blerk en Jay – gaan op ’n “jagtrip”!

Dié manne se jagavontuur het sopas begin – dis ook die inspirasie én titel van ’n splinternuwe enkelsnit, “Jagtrip”, wat pas op digitale stroomdienste uitgereik is.

Dié energieke liedjie is geskryf deur Georic Lomas en Marco van Deventer, wat self die idee gekry het terwyl hulle op hul eie jagtrip was. “Ons was saam met ’n klomp manne in die bos. Ons kon nie regtig jag nie, maar ons het definitief die gees gebring,” lag Marco. Georic voeg by: “Daar is altyd daai ouens wat jag vir die trofees… en dan is daar ons – wat jag vir die gees.”

Die samewerking tussen die vyf kunstenaars bring hope persoonlikheid, humor en kameraadskap na die liedjie. Elk van hulle bring sy eie “jag-gewoontes” saam.

Jay deel met ’n knipoog: “Wanneer ek bos toe gaan, pak ek altyd my .300 WinMag, my jagpakkie, hoed en vellies, my fles, mes, flits, patrone – en natuurlik skoon onderbroeke!” Hy voeg by: “Onthou om jou werk en alles wat jou pla by die huis te los en die bos te geniet.”

Bok van Blerk neem dit met dieselfde tong-in-die-kies-humor: “Ek pak gewoonlik my kettie, ’n knipmes en onderbroeke… en ek maak seker mamma het blomme en dat die kredietkaart se limiet laag is voor ek gaan jag,” lag hy.

“Jagtrip” is ’n liedjie vir die manne (en vroue!) wat hou van ’n bietjie bosveld-gees – of jy nou regtig op ’n jagtrip is, of net wens jy kon gaan. Met ’n pakkende melodie, skerp lirieke en die unieke stemme van vyf van die land se gunsteling sangers, beloof dié snit om die klankbaan van jou volgende jagavontuur te wees.

Dis tyd om die werk agter te laat, die flessie te vat, en die volume oop te draai – want hierdie “Jagtrip” gaan loop soos stroop!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.