Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Chris Steyn, oftewel Plakkies, nooi die ‘Plaas Dorp Toe’

Redaksiespan21 Junie 2024
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Chris Steyn, beter bekend as Plakkies, het die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers verower toe hy as die wenner van die derde seisoen van Die Kontrak aangewys is. Hierdie twintigjarige musieksensasie het onmiddellik opslae gemaak met sy debuutsnit, kortspeler en musiekvideo, getiteld Helemal, wat die eerste posisie op Apple Music beklee het binne ure ná vrystelling. Nou is Chris terug met ’n splinternuwe dansliedjie.

Plaas Dorp Toe, geskryf deur Chris met die hulp van Georic Lomas en Marco van Deventer van die musiekgroep ONS, is sopas uitgereik. “Dit gaan speels oor hardwerkende boere wat verdien om ook ’n bietjie te rus, so ek nooi hulle dorp toe vir ’n lekker kuier,” verduidelik Chris.

Volgens Chris plaas die liedjie hom in ’n nuwe styl, en hy is opgewonde om te sien hoe die mense daarop gaan reageer. “Dit is ’n baie lekker ‘upbeat’ liedjie en ek dink die mense sal aanklank vind met die lekker ‘vibe’,” sê hy.

“Dit is wel ’n lekker kuierliedjie, vir almal, nie net die boere op hulle plase nie, maar ook vir die stadsjapies wat lus kry vir ’n lekker aandjie saam vriende,” voeg Chris by. “Die mense behoort dit by ’n braai of by ’n kuier te speel, met die klem op ’n lekker tyd.”

Die musiekvideo vir Plaas Dorp Toe is in ’n yskoue Brits deur Conrad Theron en sy span by Atlas Media verfilm. “Ons het op die plaas Model Pak verfilm en al hulle boere was goedgunstig deel van die musiekvideo. Dit was vir my baie ‘cool’ gewees om hulle almal te ontmoet en stories te deel.”

Kyk die musiekvideo hier:

Verder vertel Chris dat hierdie liedjie wat die boere ’n kuier-kans wil bied ook spesiaal is omdat hy voel die boere verdien ’n drankie. “Die boere werk baie hard om die kos wat ons eet in die winkels te kry en ons moet dankbaar wees vir hulle,” sê Chris.

Alhoewel Chris nog aan die begin van sy musiekloopbaan staan, is hy reeds een van die besigste kunstenaars in die bedryf, maar hy vat elke dag en geleentheid stap vir stap en nooit vanselfsprekend nie. Hy is veral opgewonde om weer by Afrikaans is Groot in November op te tree en hoop dat sy liedjies die luisteraars in ’n goeie bui kan sit en dat hulle sal kuier en dans op al sy musiek.

  • Plaas Dorp Toe is nou op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify, Deezer en YouTube Music beskikbaar. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie
Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie
Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’
Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Appel en Ichnus vra: ‘Jy Sallie?’ – die vraag wat een pel maklik nie kan weier nie

16 Oktober 2026

Wrakinjan verken die konneksies wat tyd nie kan uitwis nie

16 Oktober 2026

Rooksein en Zaan Sonnekus slaan kragte saam met emosionele nuwe enkelsnit ‘Stadig’

16 Oktober 2026

Ollyvans sit sy veelsydige talent ‘op ys’ met nuwe enkelsnit

16 Oktober 2026

Spoegwolf is terug met malste album nóg!

16 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.