In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek om jou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer die grootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in Pretoria plaasvind.
Riana Nel, Karlien van Jaarsveld, Jay du Plessis, Corlea, Dodo Nyoka, Ruhan du Toit, Die Piesangskille, Brendan Peyper, Ricus Nel, Appel, Riaan Benade, Chris Steyn, Bok van Blerk en Demi Lee Moore gaan die jaar op die verhoog te sien wees. Natuurlik kan konsertgangers ook ’n hele paar verrassings verwag.
“Ons is werklik opgewonde om vir die 11de keer konsert te hou. Afrikaans is Groot het so te sê ’n moetsien produksie geword,” het Johan C Venter, handelsmerkbestuurder van Coleske Groep gesê.
’n Ekstra bonus vanjaar is die nuus van ’n splinternuwe borg. In samewerking met die reisagentskap World Leisure Holidays gaan nege kaartjiekopers die kans staan om ’n vyfster vakansie vir twee persone na Mauritius te wen.
“Dit is vir ons ’n groot voorreg om deel te wees van Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse musiekkonsertreeks. Dit is ’n jaarlikse hoogtepunt op die vermaakkalender en die grootste Afrikaanse konsert in die wêreld, waarmee ons onsself graag vereenselwig,” het Elaine Durr, bedryfsdirekteur van World Leisure Holidays gesê.
Die prys sluit in ’n sewedag-vakansie vir twee in Mauritius, hotelverblyf wat twee etes per dag insluit en vervoer van die lughawe na die hotel en terug.
“Mauritius is ’n heerlike plek om vakansie te hou en te ontspan. Dit is werklik vir ons ’n wonderlike voorreg om saam met World Leisure Holidays, ons nuwe borg, nege paartjies wat AiG gaan bywoon met ’n vyfster vakansie vir hulle lojaliteit te kan bederf,” het Arnold Coleske, besturende direkteur van Coleske Groep gesê.
Terme en voorwaardes geld en kan gevind word by www.coleskeartistmanagement.com.
Kaartjies vir Afrikaans is Groot 2024 is nóú beskikbaar by www.afrikaansisgroot.co.za en wissel tussen R295 en R895.