30 Blitsvrae vir Reën se Richann en Nolene
FOTO: Verskaf
Ons het Reën se Richann en Nolene van nader leer ken met ons 30 blitsvrae. Dié groep, wat onlangs hul nuwe enkelsnit Ek kan nie wag nie uitgereik het, se kortspeelplaat is binnekort beskikbaar.
LEES OOK: Reën se eerste enkelsnit met nuwe lid is ‘positief met ’n uitroepteken’
Beskryf jouself in drie woorde.
Richann: Positief, Opgewonde, Dankbaar
Nolene: Sag, Ambisieus, Energiek
Wat krap jou vinnig om?
Richann: Loadshedding.
Nolene: Mense wat ander minderwaardig laat voel of verkleineer.
Wat maak jou gelukkig?
Richann: Om op die plaas te wees.
Nolene: Klein goed in die lewe. Hot Chocolate op ’n koue dag. Tuisgemaakte pizza op ’n Vrydagaand terwyl ons gesin fliek kyk wat ons by die DVD winkel uitgeneem het. Musiek maak saam my niggies en nefies, vroegoggend by my ouers in die bed inkruip, mooi slaapklere en fluffy komberse. Familie etes, ’n drukkie van my liefde af, die see, sonneblomme, die kleur geel en McDonald’s skyfies.
Wat is jou gunsteling plek in die wêreld om na te reis?
Richann: Clarens.
Nolene: Om eendag die huis van Anne Frank te besoek in Amsterdam. Ek is aangetrokke tot haar verhaal.
Gunsteling fliek?
Richann: The Count Of Monte Cristo.
Nolene: Titanic, of enige Disney film.
Gunsteling TV-reeks?
Richann: Friday Night Lights
Nolene: America’s Next Top Model, Dance Moms & Keeping Up With The Kardashians.
Gunsteling drankie?
Richann: Brandewyn en Coke Zero
Nolene: Coke of Cream Soda
Gunsteling kleur?
Richann: Blou
Nolene: Geel
Gunsteling kos?
Richann: Biltongsop
Nolene: Panarottis Pizza
Gunsteling musiek?
Richann: Lord Huron
Nolene: Musiek uit Musicals en Broadway shows.
Wat wou jy word toe jy klein was?
Richann: Boer.
Nolene: Ek wou nog altyd in die musiekbedryf wees maar my tweede opsie is ’n sjef.
Hoe ontspan jy?
Richann: Om ’n vuur saam met vriende
Nolene: Ek is baie hard op myself, so wanneer die lewe vir my te veel raak soek ek die see. Ek sal brood rolletjies en ’n pak Simba skyfies kry, ’n fles rooibos tee en koekies inpak en net by die see gaan sit.
Wat is die eending waarsonder jy nie kan lewe nie?
Richann: Musiek
Nolene: My geliefdes
Saam wie sal jy eendag op ’n eiland gestrand wil wees?
Richann: Bear Grylls
Nolene: Bear Grylls
LEES OOK: René de Klerk groet ‘Reën’, kry nuwe lid!
Wat is die beste geskenk wat jy al gekry het?
Richann: Motorfiets toe ek klein was.
Nolene: Die Bybel wat my ouers vir my 21ste verjaarsdag gegee het en die kruis-hangertjie wat my pa vir my in Graad 7 gegee het – ek haal dit nooit af nie.
Wat is die slimste besluit wat jy al gemaak het?
Richann: Om te leer kitaar speel
Nolene: Op skool het ek redelik gesukkel om in te pas en was baie geboelie. In middel Graad 8 het ek besluit ek wil daai volgende jaar skole skuif en daar het ek geblom.
Wat is die beste raad wat jy al gekry het?
Richann: “This too shall pass”
Nolene: Gebruik jou verleentheid as ’n geleentheid vanaf my ouers.
CD wat tans in jou motor speel?
Richann: My bakkie het net Bluetooth, maar as ek inklim luister ek “The Band Camino”
Nolene: Leas se CD wat sy vir my persoonlik gegee het nadat ons saam gesing het.
Watter boek lees jy tans?
Richann: Ek luister audiobooks. The Twelve Rules For Life deur Jordan Peterson.
Nolene: Christien Nese se Koshuiskoffie-reeks.
Gunsteling emoji?
Richann: 👌🏻
Nolene: ❤️
Honde of katte?
Richann: Honde
Nolene: Ek het met hoenders groot geword, maar as ek moet kies, honde.
Facebook of Instagram?
Richann: Instagram
Nolene: Instagram
Koffie of tee?
Richann: Koffie.
Nolene: Rooibos tee met gemmer en heuning.
Whatsapp of bel?
Richann: Bel
Nolene: Whatsapp
Apple of Android?
Richann: Android
Nolene: Apple
Vertel ons ’n interesante feit oor jouself?
Richann: Ek weet hoe om ’n radiobeheer vliegtuig te vlieg.
Nolene: Ek het deeltyds toneel op skool studeer deur Trinity London College. Ek slaap op my beste in ’n kar en sing in my slaap.
Wat is jou slegste gewoonte?
Richann: Om goed te oordink
Nolene: Ek pak nie dadelik my klere weg wanneer dit klaar gestryk is nie en dan hoop dit op. Dan moet ek weer stryk.
Oggendmens of naguil?
Richann: Naguil
Nolene: Oggendmens
As jy enigeen kon ontmoet (lewendig of dood), wie sou dit wees?
Richann: Jordan Peterson
Nolene: Pastoor Michael Todd van Transformation Church
Drie mense saam met wie jy eendag om ’n etenstafel wil sit?
Richann: Chris Martin, Max Martin en Ed Sheeran
Nolene: Riana Nel, Franja du Plessis en Karlien van Jaarsveld.