FOTO: Willem Botha
Voel jy miskien nes die res van ons so ’n bietjie meer teneergedruk as normaal? Wel, hier is ’n silwer randjie vir jou…
Reën, wat bestaan uit Richann (van Boer soek ’n vrou-faam) en die nuutste toevoeging tot die groep Nolene, is hier om ’n 3-minute woema inspuiting in jou ore te gee.
LEES OOK: René de Klerk groet ‘Reën’, kry nuwe lid!
Die nuutste enkelsnit, Ek kan nie wag nie, tref soos ’n opkikker met die snit se aansteeklike goedmoedigheid.
Die four-to-the-floor, vuis-pomp-in-die-lug skopdrom-ritme jaag soos ’n 80’s arcade game. Dis slim borrelgom vasdans musiek. Positief! Met ’n uitroepteken.
“Maak vandag beter as wat gister was”, harmoniseer die twee en mens kan nie help om beter te voel nie. As jy dit nie glo nie luister dit self… Jy sal nie slegter voel nie.
- Ek kan nie wag nie is nou op alle stroomdienste beskikbaar.