FOTO: Verskaf
Liefde het nie altyd woorde nodig nie, want liefde praat sy eie taal. Dirk van der Westhuizen is terug met sy mooiste lied van liefde. ’n Lied wat met jou hart praat en van niks anders vertel dat liefde nie perfek hoef te wees nie – dit moet net vir altyd én ewig wees.
Vir Altyd beskryf die gevoel wanneer twee siele mekaar vind, wanneer twee hartkloppe as een klop en wanneer die hart besluit die liefde vir jou sielsgenoot vir altyd is. Hierdie mid-tempo ballade is geskryf en vervaardig deur Vincent Gordon en is die nuutste toevoeging tot Dirk se repertorium van treffers.
Verliefdes, ou getroudes, selfs die wat lankal opgegee het op die liefde en die vuurtjie weer wil wakker maak in hulle harte – hierdie lied is vir julle!