Afrikaanse Musieknuus se top-40 trek ’n nuwe baadjie aan

Die gewilde Afrikaanse Musieknuus top-40 wat oor die afgelope twaalf weke veertig van die grootste treffer afgetel het trek eersdaags ’n nuwe baadjie aan. 

Die trefferlys, wat weekliks deur Reputasie saamgestel is, sal vanaf Sondag, 2 Mei voortaan as die Afrikaanse Musieknuus top-20 bekend staan. 

Hierdie trefferlys word intern saamgestel en verwerk en word weekliks deur YouTube kykbeurte, Apple Music en Spotify-stroomdata en radiospeeltyd gemeet.