SAAMGESTEL DEUR REPUTASIE
15 Snitte het gestyg, 15 het gedaal, vyf het onverander gebly, ons verwelkom twee snitte terug en daar is drie nuwe toetredes.
Dis Riaan Benadé se vyfde week op nommer een met Spontaan. Dié liedjie het vandeesweek 109 190 kykbeurte gekry – ’n 9.5% daling teenoor die vorige week. Op nommer twee en drie is geen verandering met Sonop-Blom van Bernice West en Vuil Coke van Fatman op onderskeidelik twee en drie.
Vat ’n Bietjie van Riaan Benadé klim een plek van verledeweek se nommer vyf na vier en Juan Boucher van nommer ses na vyf met Ek dink ek mis maar net jou hart. Demi Lee Moore se Maak my jou Tequila skuif ook drie plekke op van nommer nege na ses.
Op nommer sewe is Ricus Nel en Snotkop se Boerepompie terwyl Appel se Nonna staanplek kry op nommer agt. Jan Jan Jan se Gooi Mielies is op nommer nege en Ché en Snotkop se Ek like hoe jy dans voltooi die top-10.
Dirk van der Westhuizen se Jy bly nog by jou mamma en Julanie J se Arm keer terug na die top-40 terwyl Janie Bay en Danie Reënwolf se Ek glo nog in jou, Juan Boucher se Ons word een asook sy liedjie saam met Neil Somers, In die Bosveld ’n toetrede tot die ranglys maak!
Die Afrikaanse Musieknuus Top-40 werk op ’n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke per week meet. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydag tot Donderdag elke week en dit is in lyn met internasionale standaarde.