Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Top-20

Afrikaanse Musieknuus Top-40: Week 6

Redaksiespan14 Maart 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

SAAMGESTEL DEUR REPUTASIE

Dié week het 17 snitte gestyg, 13 gedaal, ses onveranderd gebly en vier snitte ’n toetrede tot die ranglys gemaak. 

Riaan Benadé hou vier weke die nommer een titel met sy liedjie Spontaan. Dié liedjie het 120 675 kykbeurte oor die afglope week gekry – ’n daling van 15,1% teenoor die vorige week. 

Bernice West skuif terug na nommer twee met Sonop-Blom en Fatman behou sy plek op nommer drie met Vuil Coke.

Ricue Nel en Snotkop se Boerepompie bereik hul hoogste plek en neem nommer vier oor. Vat ’n Bietjie van Riaan Benadé behou sy plek op nommer vyf en so ook Juan Boucher op nommer ses met Ek dink ek mis maar net jou hart. 

Nonna van Appel is dié week op nommer sewe. Hardekole van Ricus Nel en sy musiekvriende Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse klim twaalf plekke van verlede week se 20 tot by nommer agt. 

Demi Lee Moore se Maak my jou tequila skuif af na nommer nege en Gooi Mielies van Jan Jan Jan voltooi die top-10 op nommer 10.

Nuwe snitte wat hul toetrede tot die top-40 maak is Lê Bietjie Langer van Jay, Dames van Biggy, Dorp Toe van Fatman en Plus Minus Maal Deel van Liezel Pieters. 

Die Afrikaanse Musieknuus Top-40 werk op ’n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke per week meet. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydag tot Donderdag elke week en dit is in lyn met internasionale standaarde.

VINNIGE FEITE

  • 432 liedjies word gemonitor vir ’n posisie op die Top 40.
  • Die totale kykbeurte van die 432 liedjies is meer as 336 miljoen. 
  • Verlede week het al hierdie liedjies saam 3 073 574 nuwe kykbeurte bygekry, waarvan 1 731 070 behoort aan die Top 40 liedjies.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrikaanse Musieknuus Top-20: Week 15
Afrikaanse Musieknuus Top-20: Week 14
Afrikaanse Musieknuus Top-20: Week 13
Afrikaanse Musieknuus se top-40 trek ’n nuwe baadjie aan

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.