Afrikaanse Musieknuus Top-40: Week 6

SAAMGESTEL DEUR REPUTASIE

Dié week het 17 snitte gestyg, 13 gedaal, ses onveranderd gebly en vier snitte ’n toetrede tot die ranglys gemaak. 

Riaan Benadé hou vier weke die nommer een titel met sy liedjie Spontaan. Dié liedjie het 120 675 kykbeurte oor die afglope week gekry – ’n daling van 15,1% teenoor die vorige week. 

Bernice West skuif terug na nommer twee met Sonop-Blom en Fatman behou sy plek op nommer drie met Vuil Coke.

Ricue Nel en Snotkop se Boerepompie bereik hul hoogste plek en neem nommer vier oor. Vat ’n Bietjie van Riaan Benadé behou sy plek op nommer vyf en so ook Juan Boucher op nommer ses met Ek dink ek mis maar net jou hart

Nonna van Appel is dié week op nommer sewe. Hardekole van Ricus Nel en sy musiekvriende Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse klim twaalf plekke van verlede week se 20 tot by nommer agt. 

Demi Lee Moore se Maak my jou tequila skuif af na nommer nege en Gooi Mielies van Jan Jan Jan voltooi die top-10 op nommer 10.

Nuwe snitte wat hul toetrede tot die top-40 maak is Lê Bietjie Langer van Jay, Dames van Biggy, Dorp Toe van Fatman en Plus Minus Maal Deel van Liezel Pieters. 

Die Afrikaanse Musieknuus Top-40 werk op ’n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke per week meet. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydag tot Donderdag elke week en dit is in lyn met internasionale standaarde.

VINNIGE FEITE

  • 432 liedjies word gemonitor vir ’n posisie op die Top 40.
  • Die totale kykbeurte van die 432 liedjies is meer as 336 miljoen. 
  • Verlede week het al hierdie liedjies saam 3 073 574 nuwe kykbeurte bygekry, waarvan 1 731 070 behoort aan die Top 40 liedjies.