Afrikaanse Musieknuus Top-40: Week 4

SAAMGESTEL DEUR REPUTASIE

In dié week se top-40 het 17 snitte gestyg, 13 gedaal, agt onveranderd gebly, een snit ’n toetrede tot die ranglys gemaak een nog ’n snit weer die top-40 gehaal nadat ons dit verlede week moes groet.

Riaan Benadé behou die nommer een plek met Spontaan met 118 905 kykbeurte dié week. Sonop-Blom van Bernice West asook Fatman se Vuil Coke behou ook hul plekke in onderskeidelik nommer twee en drie. 

Vat ’n Bietjie van Riaan Benadé skuif een plek op na nommer vier en Ek dink ek mis maar net jou hart van Juan Boucher een plek van nommer ses na vyf. Demi Lee Moore se Maak my jou tequila sak dus twee plekke na nommer ses.

Boerepompie van Ricus Nel en Snotkop skuif vyf plekke op van verlede week se nommer 12 tot by nommer sewe terwyl Appel se Nonna op nommer agt sy plek volstaan. Jan Jan Jan skuif een plek af na nommer nege met Gooi Mielies en Ek like hoe jy dans van Ché en Snotkop voltooi die top-10.

Riaan Benadé se Keeza sluit dié week by die top-40 aan in nommer 40 terwyl Sak Sara van Early B en Jack Parrow weer ’n toetrede tot die ranglys maak. 

Die Afrikaanse Musieknuus Top-40 werk op ’n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke meet per week. Die trefferlys se observasie periode is van Vrydag tot Donderdag elke week en dit is in lyn met internasionale standaarde.

HET JY GEWEET?

  • 418 liedjies word gemonitor vir ’n posisie op die Top 40.
  • Die totale kykbeurte van die 418 liedjies is meer as 329 miljoen. 
  • Verlede week het al hierdie liedjies saam 3 083 988 nuwe kykbeurte bygekry, waarvan 1 760 440 behoort aan die Top-40 liedjies.