Afrikaanse Musieknuus Top-40: Week 1

SAAMGESTEL DEUR REPUTASIE

Bernice West skop die Afrikaanse Musieknuus top-40 op nommer een af. Haar liedjie, Sonop-Blom, het ’n ongelooflike 76 600 eenhede die afgelope week. Kort op haar hakke is Fatman se Vuil Coke.

Riaan Benadé spog met ’n dubbel dosis in die top-10 met sy liedjies, Spontaan, op nommer drie en Vat ’n Bietjie in nommer vier. Demi Lee Moore se Maak my jou tequila sluit die topvyf af. 

Elandré se treffer Die Lyn, vanaf sy debuutalbum, maak ’n merk in nommer ses terwyl Juan Boucher die sewende plek in neem met sy liedjie, Ek dink ek mis maar net jou hart vanaf sy jongste album, Gewigloos

Jan Jan Jan se Gooi Mielies vat die agste plek en Appel maak sy merk op nommer nege  met Nonna.

Die top-10 word op ’n hoë noot afgerond met Ricus Nel se Snotkop se Boerepompie.

Luister hier na dié week se top-40 treffers:

FEITEKASSIE:

  • 396 liedjies word gemonitor vir ’n plek in die Top-40.
  • Die totale kykbeurte van die 396 liedjies is meer as 324 miljoen. 
  • Verlede week het al hierdie liedjies saam 2 941 449 nuwe kykbeurte bygekry, waarvan 1 700 625 behoort aan die Top-40 liedjies.