Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kom in 2026 na Kaapstad én Pretoria!

    28 Augustus 2025

    Afrikaans Oppi Platteland kies koers Pretoria toe

    5 Junie 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Die Kontrak»Die Kontrak 2: Ontmoet die kenners
Die Kontrak

Die Kontrak 2: Ontmoet die kenners

Redaksiespan21 April 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Ná ’n ongelooflike eerste seisoen, duisende inskrywings en ’n wenner wat die musiekindustrie gestormloop het, is Die Kontrak uiteindelik terug. 

Vanjaar sal dié gesogte werklikheidreeks gratis op eTV gekyk kan word. 

LEES OOK: Die Kontrak binnekort terug op ’n nuwe TV-kanaal

Die doel van Die Kontrak is om aspirant kunstenaars in die Afrikaanse musiekindustrie te ontwikkel en vir hulle die platform te skep om ’n superster te word. “Met die dat Die Kontrak nou ook op eTV uitgesaai gaan word kan enige iemand met ’n televisie hierdie pad saam met ons stap,” meen Barry Pretorius, een van die kenners op dié program en bekroonde regisseur van Afrikaans is Groot.

LEES OOK: Die Kontrak 2: Ontmoet die aanbieders

Soos met die eerste reeks, wat in 2018 uitgesaai is, sal drie gesoute kenners week na week die deelnemers beoordeel in die uitklopkonserte. Hulle dien ook as die klankbord vir die “groot baas”, Arnold Coleske, wat aan die einde van elke episode een van die deelnemers se kontrak gaan opskeur.

Corlea Botha deel weer haar talent, ervaring en kennis met die deelnemers. “Om nuwe talent te ontgin en te laat groei is een van die belangrikste dinge wat ’n kunstenaars kan doen. Ons kweek vandag, môre se legendes. Ek sien só uit om deel te vorm van die tweede reeks se reis,” het Corlea gesê.

Barry Pretorius is die tweede kenner – hy het al verskeie groot produksies die lig laat sien en verskeie kunstenaars sukses help bereik. Vandag is hy ook die vervaardiger en regisseur van onder meer Lexus Classics en Afrikaans is Groot. 

Die sanger en liedjieskrywer, Theuns Jordaan, is ook terug. Hierdie multi-platinum verkoper en superster van Afrikaanse musiek het meer toekennings en erkennings wat plaaslik uitgelig kan word.

Inskrywings vir Die Kontrak 2020 open op 1 Mei en ook hier wag ’n paar hase in die hoed wat binnekort op Die Kontrak se sosiale media bekend gemaak sal word.

Die wenner van Die Kontrak stap weg as ’n kunstenaar van die gesogte platemaatskappy, Coleske Artists, wat verantwoordelik is vir die loopbane van die land se grootste kunstenaars. 

Gesels gerus saam op sosiale media deur gebruik te maak van die hutsmerk #DieKontrak2 of #WenDieKontrak. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Anzelle breek die ‘reëls’ met nuwe dansvloer-treffer

9 Maart 2026

Nóg ’n liedjie vanaf Jo Black se opkomende EP

9 Maart 2026

Dans op Alweer Dian se voete met nuwe enkelsnit

9 Maart 2026

Bibi stel kragtige nuwe enkelsnit ‘ASPRIS’ vry

6 Maart 2026

Riaan Benadé terug met kragtige nuwe enkelsnit ‘Kattebak’

6 Maart 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.