Kaartjies vir Die Kontrak-opnames nou beskikbaar

FOTO: Verskaf

Kaartjies vir die opnames van VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se nuwe TV-reeks Die Kontrak – wat die volgende groot Afrikaanse kunstenaar sal kroon – is nou op Computicket beskikbaar. Opnames sal by die Maslow-hotel in Pretoria plaasvind en kaartjies beloop R60. Opnames sal ’n minimum van twee uur neem.

By elke opname van Die Kontrak sal een deelnemer se kontrak deur Coleske Artists se groot baas, Arnold Coleske, opgeskeur word en dié deelnemers sal dan huis toe gestuur word. Gehoorlede sal almal voor die opnames vrywaringsvorms moet teken om te sorg dat die uitslae van elke opname nie voor die uitsending van die episode verklap word nie.

Die Kontrak sal deur die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld aangebied word. Die agt finaliste sal week na week ook uitgekyk word deur ’n kennerpaneel wat uit die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha asook Barry Pretorius, die regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte, bestaan. Die wenner van Die Kontrak word op 23 November 2018 by die jaar se eerste Afrikaans is Groot-konsert aangekondig. Die wenner sal ’n platekontrak met Coleske Artists en ’n pasklaarloopbaan losslaan.

LEES OOK: Byna 2000 inskrywings vir Die Kontrak!

Die Kontrak is met trots geborg deur JOOX.

Opnames sal op die volgende dae plaasvind:

  • 20 Augustus 2018 om 18:30
  • 27 Augustus 2018 om 18:30
  • 29 Augustus 2018 om 18:30
  • 2 September 2018 om 16:30
  • 4 September 2018 om 18:30
  • 9 September 2018 om 17:30
  • 11 September 2018 om 18:30

KLIK HIER OM JOU PLEK TE BESPREEK

Kyk die lokprent hier: