Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Die Kontrak»Byna 2000 inskrywings vir Die Kontrak!
Die Kontrak

Byna 2000 inskrywings vir Die Kontrak!

Redaksiespan5 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Inskrywings vir VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se nuwe TV-reeks Die Kontrak – wat die volgende groot Afrikaanse kunstenaar sal kroon – het 30 Junie om middernag gesluit met 1 976 oudisie-video’s altesaam op Facebook, Instagram, Twitter, en die NetNuus-app.

VIA-kykers sal moet wag tot die eerste episode van Die Kontrak, wat eers in September op die Afrikaanse leefstylkanaal begin, om uit te vind wie die top8-finaliste is. Die top24-finaliste is egter vanaf dié week alreeds deur Coleske Artists genader. Die mentors – Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn, en Dewald Wasserfall – moet dan uit dié 24 sangers elkeen twee finaliste kies wat dit vir ’n platekontrak van ’n miljoen rand met Coleske Artists moet uitspook.

“VIA en Coleske Artists is omtrent stomgeslaan met die hoeveelheid inskrywings vir Die Kontrak. Ons is nog meer beïndruk deur die gehalte van die sangtalent daarbuite,” sê VIA-kanaalhoof, Izelle Venter. “Dit gaan beslis vir ons vier mentors ongelooflik moeilik wees om net agt finaliste te kies. Hier kom heerlike kykgenot!”

“Ons is absoluut oorweldig deur die diversiteit van die talent,” voeg Arnold Coleske van Coleske Artists by. “Dit was baie moeilik om by ’n top24 uit te kom, maar ons voel ons het afgekom op ’n groep deelnemers wat uniek en uitsonderlik talentvol is. Ons sien met opwinding uit na ’n strawwe kompetisie!”

Die Kontrak sal deur die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld aangebied word. Die agt finaliste sal week na week ook uitgekyk word deur ’n kennerpaneel wat uit die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha asook Barry Pretorius, die regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte.

Die wenner van Die Kontrak word op 23 November 2018 by die jaar se eerste Afrikaans is Groot-konsert aangekondig. Die wenner sal ’n platekontrak met Coleske Artists en ’n pasklaarloopbaan losslaan.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.