Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Vrystaat Kunstefees»Vrystaat Kunstefees 2018: Musiek blom vanjaar!
Vrystaat Kunstefees

Vrystaat Kunstefees 2018: Musiek blom vanjaar!

Redaksiespan8 Julie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Vrystaat Kunstefees, in wese ’n Afrikaanse fees, is besig om hom as een van die belangrikste internasionale kunstefeeste op die Afrika-vasteland te vestig.

Bloemfontein het alles wat nodig is om dié sukses te verseker: Die stad is sentraal geleë, bied uitstekende vervoer (insluitend ’n internasionale lughawe), wonderlike verblyfmoontlikhede en van die beste teater- en tegniese infrastruktuur in ’n sekondêre stad in Afrika.

As jy lief is vir musiek, sal ’n uitvoering van werke wat Nelson Mandela se tronknommer 46664 weerspieël jou sekerlik prikkel. Of enige van die twee afskopkonserte – Dozi en Refentse wat saam optree, en Vyf klaviere waarin twee van die pianiste die oud Bloemfonteiners Cézarre Strydom en Stephan Bezuidenhout is.

Albei konserte is op Sondag 8 Julie, wat beteken dat geen feesganger weens werkverpligtinge daarvan weerhou kan word nie. En hoe klink die fenomenale kitaarduo CH2 saam met Chris Chameleon of Amanda Strydom met haar nuwe produksie So onner deur die maan?

Die gewilde Aasvoëlklub is die tuiste vir top musiekproduksies soos Caroline Grace en Fatman se Beauty & The Beast, Touch of Class, Spoegwolf, Koos Kombuis, Harrebaard asook Koos van der Merwe.

Oorwurms soos Kurt Darren, Brendan Peyper, Manie Jackson en selfs Karen Zoid is ook op die feesprogram. Op 14 Julie gaan Zoid die Sand du Plessis-teater se dak lig met van haar grootste treffers.

Vir diegene wat ’n blaaskans tussen toneel en kuns wil neem is die Blêrkas die idiale wegkom kans. Hier kan jy gratis optredes deur onder andere Hanna Boss, Ivan Roux, CH2, 1925Band en vele meer geniet. Op 12 Julie is Francois van Coke en op 14 Julie is Jack Parow op die verhoog te sien. Beide konserte sal jou R60 uit die sak jaag!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Vrystaat Kunstefees bied weer top gehalte musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.