Die gewilde sanger en aanbieder, Emo Adams en sy vrou Michelle Gildenhuys gaan binnekort nóg ’n kleinding ryker wees. Emo het dié opwindende nuus op Facebook en Twitter gedeel met die onderskrif: “In ander lente-nuus…”
In Other Spring News… pic.twitter.com/Bv1u9K1Nya
— emo adams © (@emoadams) September 1, 2016
Die paartjie het hul eersteling, Kadar Zayn, in Julie verlede jaar verwelkom. Sy seuntjie se naam is vir hom spesiaal.
Baie geluk, Emo, Michelle en Kadar Zayn!