Die Hanna Charity uitreik vind jaarliks in November plaas. Tydens dié uitreik word kospakkies aan minderbevoorregte mense in Pretoria Wes geskenk en jy kan ’n bydrae maak.
Hanna Charity benodig sowat 3 500 kospakkies wat verpak moet word in ’n boks, skottel of emmer. Dis kospakkies móét die volgende bevat; mielie meel, lekkers, soya mince, koeldrank, blikkies kos, rys, suiker, tee, koekies, pasta en soppe. Die foto hieronder dien as voorbeeld.
Só kospakkie sal jou sowat R350 kos. Ou klere vir mans, dames of kinders is ook meer as welkom.
Indien jy meer inligting oor die uitreik benodig, skakel gerus vir Ronel Brink op 082 907 5203 of Zinta Kymdell op 072 434 9454.