The Voice SA se Vernon Barnard het nie net die afrigters se hartsnare geroer nie, maar ook talle kykers tydens die oudisie-rondte. Dis uiteidelik, Bobby van Jaarsveld wat hom gewen het vir sy span en na nuwe hoogtes geneem het.
Nou is dié sanger terug met sy debuut-enkelsnit, I Like It That Way, wat later vandeesweek op iTunes vrygestel gaan word. Universal Musiek, wat ook van die deelnemers soos Gavin Edwards geteken het, het vroeër vanjaar aangekondig dat hulle Barnard gaan teken.
“Daar was regtig baie talent in die eerste seisoen van die reeks” sê Kevin Grenfell, hoof van musiek by Universal Musiek.
Vir diegene wat nie meer kan wag nie, is daar gelukkig ’n voorsmakie van die snit. Klik hier om die snit vooraf te bestel.