Die langwag is uiteindelik verby en aanhangers van die sanger, Ruan Josh, sal verjeug wees oor die feit dat sy eerste enkelsnit, Toevallig, op iTunes beskikbaar is.
Benewens die snit op iTunes is die musiekvideo daarvan ook bekendgestel. Is dit nou nie “toevallig” nie?
Klik hier om die snit op iTunes te kry.
Die video is geskiet in Pretoria onder die prentjie mooi Jakaranda bome in Oktober 2015 en die platemaatskappy het vir die regte tyd gewag om die liedjie vry te stel – en dis net betyds vir die feesseisoen.
Kyk die musiekvideo hier:
Toevallig is geskryf deur die bekroonde skrywer, Johan Oberholzer. Hy het al treffers vir onder andere, Kurt Darren, Juanita du Plessis en Nádine gepen.
Die liedjie se lirieke inspireer om te glo in die toeval wat soms met verhoudings en liefdesverhale tesaam gaan. “Alles wat ek kort was net toevallig in jou gewees”.
Dit beloof om ’n treffer op troues en radio te wees, en menigde mense het al geskryf oor hoe die liedjie op hul lewe van toepassing is. Met Ruan Josh se vars aanslag en goeie interpretasie, staan Toevallig op die vooraand van groot sukses.
Bly ophoogte van Ruan se loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram.