Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Lizandra von Hagen: Lizandra Winter

Leoné Prinsloo2 Augustus 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

JNDR MUSIEK (2017)

95%
95%

Lizandra Winter se selfgetitelde debuutalbum wat deurlopend van musikale integriteit getuig, beloof om luisteraars opnuut te laat besef dat ewigheidswaarde lê in dit wat geld nie kan koop nie. Dit volg kort op haar en Joshua Na Die Reën se oorspronklike duet, Until Love, asook sy treffer, Soos Altyd, wat sy saam met hom vir sy debuutalbum geskryf het.

Dié uiters talentvolle blondekop vorm saam met Joshua Na Die Reën, Liani Reynolds, Kaleidoskoop, Douvoordag, Len Muller en Leon Gropp deel van Musiek Soos Grond, ’n uitsonderlike groep onafhanklike kunstenaars, wat aanvanklik vir hulle radiotreffer, Lugballon, bekendheid verwerf het.

Die byna skilderagtige albumomslag deur Lizandra se man, Ryhno von Hagen, waardeur sy in uiteenlopende natuurtonele soos ’n digte woud, oop veld en sneeustorm uitgebeeld word, beklemtoon die aardsheid, opregtheid en eerlikheid wat uit haar musiek straal. Lizandra, Rhyno, Joshua Na Die Reën en Jeanlie Minnie het twee jaar lank geskaaf aan die twaalf oorspronklike snitte wat hulle oor haar belangrikste lewenslesse vir hierdie album geskryf het.

Die eerste enkelsnit, Fluister, wat spesiaal vir haar vriendin, Adrianna le Roux, geskryf is en deel uitgemaak het van die klankbaan vir die 2016-lokettreffer, Vir Altyd, moedig luisteraars aan om hulle seer te deel met iemand wat hul vertrou. Die tweede enkelsnit, Die Begin, is ’n pop-rock treffer wat handel oor hoe ’n mens daarteen moet waak om nie só in die gejaag van die alledaagse lewe vasgevang te word dat jy vergeet wat eintlik regtig die belangrikste is nie. Die derde enkelsnit, Ek Wil Vir Jou, is Lizandra en Joshua Na Die Reën se duet, waarmee hulle vir ’n ongeëwenaarde vertolking van dié bekende treffer deur wyle Christa Steyn sorg.

Geraas wat met ’n sterk orkestriële en klassieke aanslag spog, handel oor watter enorme verskil musiek in ’n mens se lewe kan maak. Tranedans wat die ware verhaal van depressie vertel, moedig luisteraars aan om ten spyte van die hartseer en pyn in hul lewens nooit op te hou dans van vreugde nie. Bekende Vreemdeling vertel die verhaal van twee mense wat mekaar vir die eerste keer ontmoet, maar tog dadelik bymekaar aanklank vind en dan voel dit vir hulle asof hul mekaar reeds ken.

Kleurblind waarin die kwessie van rassisme kaalvuis getakel word, is ’n openhartige pleidooi aan die samelewing om die mure af te breek deur hulle harte oop te maak vir mense wat anders as hulle is. Liefde van ’n kind is ’n pragballade wat deur Lizandra en Ryhno vir hulle dogtertjie, Zanilah, geskryf is in verwondering oor die opregte liefde wat sy uitstraal. Ander potensiële treffers sluit in Winter Kom, Jy Sien My, Sielsvryheid, Liefde Wen en Afrika Grond.

Dié inspirerende album is deur Joshua Na Die Reën en Jason Ferreirra van Little Big Studio vervaardig, terwyl die finale meng deur Stefan Swart en finale meester deur Tim Lengfeld behartig is. Rhyno was saam met Nathan Smith op kitaar, Andrew “Rixi” Roman op baskitaar en Andries Visser op dromme by die skep van die agtergrondmusiek betrokke, terwyl Joshua Na Die Reën sy uitsonderlike klaviervernuf ten toon gestel het. Hulle slaag saam met Raziela Kosterman op viool, Carel Henn op tjello, Raynier Prins op kontrabas en Walter van Zyl op tablas daarin om ’n indrukwekkende versameling genres soos kontemporêre wêreldmusiek, asook rock- en popmusiek tot stand te bring.

Dié album dien as onteenseglike bewys dat Lizandra die kuns bemeester het om luisteraars saam met haar op reis te neem na plekke in hulleself, wat hul nie eers geweet het bestaan nie. Hoewel hierdie uiters persoonlike album met sy diepsinnige lirieke, filosofiese aanslag en onderliggende kontraste ten sterkste vir die fynproewer aanbeveel word, spreek al die snitte daarop universele temas aan, waarmee enigiemand hulself sal kan vereenselwig. Lizandra se onafhanklike debuutalbum wat deur haar fluweelstem en versuiwerde stemgebruik, sowel as emosiebelaaide lirieke, melodieë en verwerkings gekenmerk word, is ongetwyfeld die begin van ’n baie belowende solo-loopbaan vir hierdie begaafde kunstenaar en liedjieskrywer. 

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.